SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jesaja sien die Toekoms

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dawid die Skaapwagter

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

BYBELS-GESONDE GESINNE

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Josua - van jongs af n leier

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

WYSHEID TEENOOR GELOOF

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Paulus se Verbasende Reise

DIE AA NDBOODSKA PPER

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Profetiese woord vir 2017 en verder

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Seisoen van die Gees

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Transcription:

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE 1e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Saartjie Dirk Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB543:1-3 Here Jesus ek is klein LB245:1-3 Ek wat vergifnis Heer ontvang LB417:1-2 Jesus ons eer U Oproep tot aanbidding Hannes Aanbidding LB454:1-3 Vader ons eer U V-2:1-2 Vader ons ween Ouderling Gebedslys Sam Lloyd Ouderling Voorbidding LB578&579 Hoor ons bid o Heer Skriflesing Skrif Preek 5 Oneffektiewe ouers Skrif Almal Toewyding Stilgebed Gebed Diakens Offergawe Afkondings op bord afkondig Hannes Lied LB281:1-3 Lei ons Here, groot en magtig Seën

LITURGIE 2e Diens WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Johanna Trevor Welkom & groet Gebed Oproep tot lof Hannes Lof LB540 (3x) Onthou jul nog LB550 (2x) Twee ogies LB543:1-3 Here Jesus ek is klein Plus: 3 verse uit KSL Oproep tot aanbidding Hannes Aanbidding JG15:1-4 Haleluja, U is Koning (2=kinders) Ouderling Gebedslys Ouderling Voorbidding LB278&279 Hoor ons bid o Heer Skriflesing Skrif Preek 5 Oneffektiewe ouers Skrif Almal Toewyding Stilgebed Gebed Diakens Offergawe Afkondings op bord afkondig Bevestiging Santie Barnard as nuwe lidmaat Louis as diaken Ps134:4 Hannes Lied LB281:1-3 Lei ons Here, groot en magtig Seën

PREEKSKETS INLEIDING Jare gelede was die lewe baie eenvoudiger: Op n sekere tyd van die jaar het almal verhoging gekry. En almal in dieselfde maatskappy het naastenby dieselfde verhoging gekry. En as die staatsdiens 8% kry, kry almal in die staatsdiens deur die bank 8%. Of jy hard werk en of jy lui is, jy kry 8%. Dis soos dit vandag nog in die kerk werk. En toe dink die slim manne n nuwe manier uit. Meriete. Hulle gaan sit om n groot ovaal tafel en besluit... Wie werk baie hard... en wie werk nie so hard nie... en wie werk glad nie. En dan kry elkeen dit wat die manne om die ovaal tafel glo hy moet kry. Hierdie stelsel se nadeel is natuurlik dat iemand anders moet besluit of jy hard werk of nie - en dikwels het hy nie regtig geweet nie. In die laaste klompie jare het daar n nog nuwer sisteem gekom: Jy kry n evaluasievorm. En dan moet jy jouself evalueer. Jy moet besluit hoe hard het jy gewerk. En jy moet besluit hoeveel punte gee jy jouself. En op grond daarvan kry jy n meriete-verhoging. [ Hulle gaan dit nou ook in die skole toepas - jy besluit self aan die einde van die jaar wat se punt moet jy kry... ] Evaluasie - elkeen van ons moet van tyd tot tyd geevalueer word: In ons werk. In ons sport In ons stokperdjies. Ook in ons huwelik en gesinslewe. Hoe effektief is jy as ouer? Het jy al ooit vir jou kinders die kans gegee om jou te evalueer? Vra bietjie vir hulle om op n skaal van 1-5 vir jou te evalueer. Of gaan sit n bietjie en evalueeer jouself. Jou ouerskap. Hoe lyk n effektiewe ouer? Watter dinge maak n ouer oneffktief? Kom ons kyk vanoggend na 5 oneffektiewe ouers in die Bybel.

[ OUERS WAT VOORTREK = Jakob ] Daar is n baie mooi verhaal in die Bybel: Isak en Rebekka Hulle het twee seuns gehad: Jakob en Esau. Hulle was redelik geheg aan mekaar. Dit was n doodnormale gesin. n Goeie gesin. En tog lees ons n interessante ding oor hierdie gesin: Ge 25:28 28 Isak het vir Esau voorgetrek, want Isak het van wildsvleis gehou. Rebekka weer het vir Jakob voorgetrek. Interessant nè: Pappa trek vir ouboet voor. Mamma trek vir kleinboet voor. Elkeen het 'n witbroodjie. Elkeen het 'n kind wat 'n bietjie meer aandag kry as die ander. Kyk nou wat gebeur verder: Ge 25:28; 27:6-17 6 het sy met haar seun Jakob gepraat en vir hom gesê: Luister, ek het gehoor jou pa praat met jou broer Esau. Hy het vir hom gesê: 7 Gaan haal vir my n stukkie wild en maak dit vir my lekker gaar dat ek dit kan eet en ek jou dan in die teenwoordigheid van die Here kan seën voor ek sterf. 8 Nou moet jy na my luister, my seun, en doen wat ek jou sê. 9 Gaan na die kleinvee toe en bring vir my twee vet bokkies. Dan sal ek hulle lekker gaarmaak soos jou pa daarvan hou. 10 Jy moet dit dan vir hom vat dat hy dit kan eet en jou kan seën voor hy sterf. 11 Toe sê Jakob vir sy ma Rebekka: Maar my broer Esau is harig en ek is glad. 12 Miskien sal Pa aan my voel en dan dink ek skeer die gek met hom, en so sal ek n vervloeking oor my bring en nie n seën nie. 13 Sy ma het vir hom gesê: As daar n vervloeking is, sal dit oor my kom, my seun. Luister jy net na my en loop vang die bokkies vir my. 14 Hy het die bokkies gaan vang en vir sy ma gebring, en sy het hulle lekker voorberei soos sy pa daarvan hou. 15 Toe vat Rebekka haar oudste seun Esau se beste klere wat sy by haar in die huis gehad het en trek dit vir haar jongste seun Jakob aan. 16 Sy het die bokvelletjies om sy hande en om sy kaal nek vasgemaak 17 en die lekkerny en die kos wat sy voorberei het, vir Jakob gegee. Weet julle waar het Jakob se bedrieg begin? By 'n ma wat altyd sy kant gevat het. 'n Ma wat altyd vir hom voorgetrek het. By 'n ma wat misluk het as ouer. Jakob het van kleins af alles gekry wat hy begeer het. Daarvoor het sy ma gesorg. Want hy was mos die witbroodjie. En toe hy grootword, en hy self kinders het... Toe doen hy presies dieselfde: Hy het twee vroue. Maar die een is belangriker.

Sy is die witbroodjie. Sy kry die "special treatment" Sy sit op die belangrike plek. Ge 33:2; 37:3; 48:22 2 en die slavinne met hulle kinders op die voorpunt gesit. Lea met haar kinders was agter hulle en Ragel en Josef heel agter. En dis nie net een van sy vrouens wat hy voorgetrek het nie. Hy het ook een van sy kinders voorgetrek. 3 Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, die seun wat in sy ouderdom gebore is, en daarom het hy vir Josef lang klere met moue gemaak. 4 Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie. Weet julle wiese skuld was dit dat Josef se broers hom verkoop het. Hulle pa s'n. Want hy het vir Josef altyd voorgetrek. En dit het gemaak dat sy boeties begin het om Josef te haat. Later kon hulle dit nie meer hou nie. En hulle het Josef verkoop aan die handelaars. Waar het dit begin? By 'n pappa wat een kind voorgetrek het. By 'n oneffektiewe pappa. En toe Josef weg is: toe kry JAKOB iemand anders om voor te trek: Benjamin. Ge 42:4 4 Jakob het nie Josef se broer Benjamin saamgestuur nie, want, het hy gesê, netnou gebeur daar iets met hom! Die ander boeties moet maar sien kom klaar. Hulle moet myle ver na Egipte toe trek opsoek na koring. Hulle moet maar self 'n padjie in die lewe oopkap. Maar Benjamin: Hy moet by die huis bly, want netnou kom hy iets oor. As jy vanoggend vir een van jou kinders liewer het as vir die ander... As jy een van jou kinders 'n bietjie voortrek... As jy vanoggend 'n witbroodjie het......is jy 'n oneffektiewe ouer. En is jy 10 teen 1 die rede vir die verdeeldheid tussen jou kinders. Dit gaan jou skuld wees as jou kind eendag niks vir homself kan doen nie. Moenie dit doen nie. Moenie een kind bietjie beter behandel as die ander nie. Paulus skryt vir Timotheus: 1Ti 5:21 21 Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus en die uitverkore engele om jou aan hierdie voorskrifte te hou sonder vooroordeel of partydigheid

[ 2. OUERS WAT ONBETROKKE IS = Eli ] Eli Ons lees van Eli in die boek 1 Samuel. Hy was al baie oud gewees. Hy het twee seuns gehad. Was op die oog af 'n goeie ouer. Hy het 'n baie belangrike werk gehad. Hy was 'n priester. Hy het by die tempel gewerk. Hy het namens mense offers gebring. En sy kinders? Hulle het gedoen net wat hulle wil. As die mense kom offer, het hulle sommer gou 'n stuk van die vleis afgesny om te gaan braai. As hulle aan diens was, het hulle sommer geslaap by die vrouens wat ook by die tabernakel werk. Hulle het die Here so kwaad gemaak dat Hy hulle altwee laat sterf het. 1Sa 2:31-35. Maar wanneer Ek jou oë laat dof word en jou gees stil maak, sal die meerderheid van jou huis in die fleur van hulle lewe sterf. 34 En wat met jou twee seuns Hofni en Pinehas sal gebeur, sal vir jou die teken wees: op dieselfde dag sal hulle albei sterf. Wie was verantwoordelik vir hulle dood? Was hulle sommer net 2 stout seuns? Weet julle wie was mede-verantwoordelik vir hulle dood? Hulle pa. Die priester. Want hy was so besig met die dinge van die Here, dat daar nie tyd was om sy seuns te berispe nie. Hy het so hard gewerk - daar was nie nog tyd om met twee seuns te praat nie. Suksesvolle priester. Oneffektiewe ouer. Suksesvolle priester. Suksesvolle loopbaan. Oneffektiewe ouer... 1 Sam 3:13,14 13 Ek het aan hom bekend gemaak dat Ek sy familie vir altyd gaan straf oor die ongeregtigheid waarvan hy geweet het. Ja, toe sy seuns die vloek oor hulle gebring het, het hy hulle nie bestraf nie. Dawid het in dieselfde slaggat getrap: Sy seun Adonia was 'n rebel gewees. Waar kom dit vandaan? Wie het dit veroorsaak?

Suksesvolle sakeman. Suksesvolle loopbaan. Oneffektiewe ouer. Die Prediker skryf: 1Ki 1:6 6 Sy vader het hom van kleins af nooit berispe of vir hom gevra: Hoekom maak jy so? nie. Pr 3:12 11 My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, 12 want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos n vader doen met sy seun. Pr 29:15-17 15 n Pak slae en n teregwysing bring wysheid; n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande. Spr 19:18 18 Behandel jou seun streng, dan is daar hoop... 23:13,14; 13 Moenie huiwer om n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe. Jare later is die eerste ouderlinge gekies. Vereistes vir 'n Ouderling: 1Ti 3:2-4 2 n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; 3 hy moenie aan drank verslaaf of n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie. 4 Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. 'n Effektiewe ouer oefen gesag oor sy kinders uit. 'n Effektiewe ouer berispe sy kindaers. 'n Effektieew ouers gee sy kinders 'n pak slae. [ As jou pa jou nou weer 'n pak slae gee, sê vir die Here dankie vir 'n effektiewe pa...] 3. [ OUERS WAT KINDERS VERKEERDE DINGE LEER ] Ons almal ken die verhaal van Johannes die Doper. Hy is net voor Jesus gebore. Hy is deur God gestuur om die pad vir die Here Jesus voor te berei. Hy het in die woestyn gelewe van sprinkane en wilde heuning. Hy het die mense in die Jordaanrivier gedoop. Ja, dis regtig 'n mooi verhaal. behalwe vir een stuk: die laaste stukkie. Kan julle nog onthou hoe het Johannes se se verhaal geëindig? Ja, hy is wreed vermoor. Koning Herodes se dogter was so soort van 'n onkleedanseressie. En sy het gedans tot die manne se tonge uitgehang het. En toe sê die koning vir haar: sy kan enige iets kry wat sy vra.

En weet julle wat vra sy toe? Sy soek Johannes die Doper se kop op 'n skinkbord. En sy het dit gekry. Dis hoe Johannes die Doper se lewensverhaal eindig. Hoekom het sy dit gevra? Wat maak dat 'n jong meisie iemand anders se kop op 'n skinkbord vra. Luister hoe mooi hoe het dit gebeur: Mr 6:24 24 Sy het toe uitgegaan en vir haar ma gesê: Wat moet ek vra? Dié het gesê: Die kop van Johannes die Doper. Weet jy waar het die fout gelê. By die ma. By die ouers... 'n Jong man in ons gemeente vertel eendag vir my met trane in sy oë hoe sy pa hom geleer het om in te breek. Hy was lekker klein en moes altyd deur die venster klim en dan vir hulle oopmaak. Hoeveel mense het drank vir 'n uitweg gekies omdat hulle gesien het pappa of mamma doen dit so? In die afgelope week praat iemand met my oor 'n jong meisie wat vir almal lieg en bedrieg. Ek probeer toe meer uitvind oor die gesin. En toe hoor ek die ma is in die tronk. Waarvoor? Vir bedrog. Geen wonder haar dogter begrieg almal nie - sy het dit by haar ma geleer. Baie van die foute wat kinders maak, het hulle by hulle ouers geleer. In Jer 9:14 sê die Here:...hulle het agter hulle eie harde koppe aangegaan en agter die Baäls aan soos hulle voorvaders hulle geleer het. [ Eze 20:18 18 Ek het in die woestyn vir hulle kinders gesê: Moenie volgens die gebruike van julle voorvaders leef nie... Am 2:4 Maar nou het hy n vierde sonde daarby gevoeg: hulle het die wet van die Here verwerp, hulle nie aan sy voorskrifte gehou nie en toe het die vals gode hulle verlei, die afgode agter wie hulle voorvaders aangeloop het. ] In 2 Kron 22:3 word daar van Atalia gepraat: 2Ch 22:3 3 Ook hy het die pad van die koningshuis van Agab geloop; sy ma was die een wat hom die raad gegee het om so verkeerd op te tree. Ouers wat kinders verkeerde dinge leer, is oneffektiewe ouers. En hulle is verantwoordelik vir hulle kinders se mislukkings.

4. { OUERS WAT TERG } Ons lees van hom in Efe 6:4 Eph 6:4; 4 En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie... Col 3:21 21 Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie. 5. Ouers wat nie sorg nie 1 Tim 5:8 8 As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as n ongelowige. Een van die belangrikste rolle van ouers is om te sorg vir hulle kinders. kos klere blyplek Alle noodsaaklike lewensbehoeftes. Natuurlik kan daar goed in 'n mens se lewe gebeur wat dit moeilik maak om vir hulle te sorg: werk verloor siekte werk waar ek heeltemal te min geld verdien om goed te sorg. Dis goed wat gebeur. Dis verstaanbaar. 1 Tim 5:8 praat nie daarvan nie. 1 Tim 5:8 sê: As iemand vir sy gesin kan sorg en hy doen dit nie, is slegter as 'n ongelowige. Dit val my op - en ek kom in baie huise: Hoedat daar nie geld is nie is om alles te doen wat gedoen moet word nie, maar daar is geld vir pappa se drank. Daar is genoeg geld dat hy elke aand 'n dop kan vat. Daar is nie geld vir die gesin om uit te gaan of saam iets te gaan doen nie - maar daar is geld om 'n R100 se sigarette in 'n maand uit te rook. 8 1 Tim 5:8 As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as n ongelowige. Wil ons effektiewe ouers wees? Dan sal ons eerste dinge eerste moet stel. Dan moet ons leer om regtig vir ons gesinne te sorg. En weet jy wat? My kinders soek nie net die geld wat ek sou uitdrink nie. Hulle soek ook die pappa wat dit uitdrink.

Om te sorg beteken nie net om egenoeg geld te gee nie. Om baie kruideniers te koop nie. Om altyd geld saam te gee skool toe nie. Dit beteken dat ek myself vir hulle gee. Ek het al agter gekom: Ons kinders soek nie 'n Mac Donalds burger nie. Hulle soek vir pappa en mamma saam met hulle by Mac Donalds. Is jy 'n effektiewe ouer? Wil jy graag een wees? TEN SLOTTE [ Rassie van Niekerk p52 ]