Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Profetiese woord vir 2017 en verder

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

God se Woord. God se Wil

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Dawid die Skaapwagter

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

BYBELS-GESONDE GESINNE

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

DIE AA NDBOODSKA PPER

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

GEBED VIR KERKLEIERS

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Seisoen van die Gees

Het die Roomse Katolieke Kerk, Ons Werklik die Bybel Gegee?

Daar is konflik in die gemeente

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

LoveGodGreatly.com 1

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

KAN GOD DIE MENS NOGSTEEDS OP `N BONATUURLIKE WYSE ONTMOET? Ester Blomerus. Maar die NATUURLIKE mens. neem die dinge van die Gees van God nie aan nie;

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Waar is die Ware Christelike kerk vandag?

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

Is die Bybel inderdaad genoeg as ons wil weet hoe om die Here ons God te behaag en te dien? Of het

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Besprekingsvrae vir selgroepe

Die Studie van Bemiddelings Gebed

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Transcription:

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en spoed. ʼn Huis bestaan primêr uit ʼn fondament, mure, deure en vensters, dak en binnehuise versiering, so is die vyf bedieninge vyf fasette van Kerkwees. ʼn Gemeente is nie volkome kerk indien al hierdie bedieninge nie, in die gemeente aanvaar en uit geleef word nie. Rick Warren verduidelik hierdie punt in sy boek purpose driven church maar tog gebruik hy nie die Bybelse benaminge wanneer hy die vyf teikenareas in n gesonde gemeente beskryf nie. Wanneer ʼn gemeente se leier ʼn profeties bediening en fokus het, is die gemeente geneig om baie te fokus op gebed, lofprysing en spiritualiteit. Indien die leier ʼn evangelis is, is die gemeente geneig om baie uitreikings te doen, en daar word tydens byna elke diens ʼn uitnodiging gemaak vir mense om hulle harte en lewens vir die Here te gee. ʼn Leraar fokus op opleiding en onderrig, wanneer ʼn gemeente leier ʼn natuurlike leraar is, word dogma en leerstellings die fokus van so ʼn gemeente. ʼn Apostoliese leier se fokus is sending, gemeente planting en ontwikkeling en die gemeenskap, en die groter koninkryk van God. Wanneer die gemeente leier ʼn herder is, is verhoudinge en vrede belangrik. Die punt is dat elkeen van hierdie bedieninge ʼn belangrike aspek van kerkwees aanspreek, en dat ons wesenlik nie sonder die ander kan voortbestaan nie. Elke lidmaat moet blootgestel word aan elkeen van hierdie bedieninge om optimaal geestelik te groei. Soos wat ʼn boom, water, sonlig, bemesting, plaagbeheer en besnoeiing nodig het vir optimale groei. So moet elke gelowige blootgestel wees aan gesonde leer, die liggaam van Christus, geestelike intimiteit, sending, en evangelisasie. ʼn Gesonde groeiende gemeente verwesenlik die vyfvoud bedieninge in hulle aktiwiteite maar ook in die spesifieke individue wat hulle toelaat en respekteer in hulle midde. Soos met die OT profete kan jy nie leer om een van die vyf bedieninge te wees nie. Dis gawes kom van God af en kan nie aangeleer word nie. Jy kan wel groei in die gawe en daarin ontwikkel. Soos die profete van ouds bloot op grond van die woord en in opdrag van God gegaan het as gestuurdes, so roep God vandag nog manne en vroue vir Sy diens. Dis interessant dat Jesus net twee van sy dissipels roep vanuit die skrifgeleerdes. Paulus het weliswaar as teoloog ʼn reuse rol gespeel in die skrywe van NT Christus gesentreerde teologie. Geeneen van hierdie mense moes eers gaan swot en ʼn graad kry alvorens God hulle gebruik het nie. Jy kan nie ʼn graad kry in Herder wees, of profeet of enige van die ander nie. Die bedieninge is inherent in elkeen werksaam. As spesiale boodskappers van God is dit belangrik dat ons toegerus word, en een of ander kwalifikasie agter ons naam kry, maar ʼn akademiese kwalifikasie is nie ʼn voorwaarde tot bediening nie. Ek moet egter ook die ander kant van hierdie stelling benadruk. Só baie bedienaars begewe hulle te gou tot die bediening, en aanvaar sonder enige opleiding verantwoordelikheid vir mense. Dit is uiters gevaarlik! Lees weer Jakobus 3, waar hy beklemtoon dat leraars ʼn strenger oordeel sal ontvang. Opleiding is nie ʼn voorwaarde nie, maar dit is uiters belangrik dat elke bedienaar die regte opleiding ontvang! Dis is ook verder interessant dat die skrif nêrens vir ons aandui dat ons mense in hierdie vyf bedieninge moet aanwys en aanstel nie. Ons moet wel diakens en ouderlinge aanstel. (Hand 8:5; Hand 24:23; Tit 1:5) Die vyf bedieninge word deur God aangestel, en ons kan bloot hierdie aanstellings erken en vir hulle ruimte maak of nie. Let wel dat hierdie bedieninge nie posisies is nie. Jesus het homself vir die kerk gegee en Hy is die oorsprong van al hierdie bedieninge. Hy is ons Apostel en Hoë Priester van ons geloof. (Heb 3:1) Hy is die profeet uit Nasaret en Galilea. (Mat 21:11) Hy is die

oorspronklike evangelis wat die boodskap van verlossing verkondig. (Luk 4:18-19 en Luk 19:10) Hy is die groot Herder wat Sy lewe neerlê vir Sy skape. (Heb 13:20; Joh 10:11; 1 Pet 5:4) Hy is ook die leraar wat alleen die woorde van waarheid beskik. (Joh 6:68; Mat 23:8-10) Dit beteken dat net soos Hy as Seun van God dit nie roof geag het om die gestalte van ʼn slaaf aan te neem en vlees te word nie, ons ook geroep is om te dien. Ons moet ook nie onsself titels toedig nie. 8 Maar julle moet julleself nooit as rabbi laat aanspreek nie, want julle het net een Leermeester en julle is almal broers en susters. 9 En moenie enige geestelike leier hier op aarde as vader aanspreek nie, want julle het net een Vader: julle Vader wat in die hemel is. 10 En julle moet julleself nie as leier laat aanspreek nie, want julle het net een Leier: die Messias self. 11 Die belangrikste een onder julle moet die een wees wat dien. 12 Dié wat vir hulleself eer soek God sal hulle verneder. Maar dié wat hulle geringheid voor God besef God sal hulle hoog vereer. (Mat 23:8-12) Daarenteen verwys Paulus asook Petrus na hulself as apostels en maak hulle, hulle bediening en mandaat van God in die koninkryk en kerk bekend. (Rom 1:1; 1 Kor 1:1; 2 Kor 1:1; Gal 1:1; Efe 1:1; Kol 1:1; 1 Tim 1:1; 2 Tim 1:1; Tit 1:1; 1 Pet 1:1; 2 Pet 1:1) Daar word ook na ander verwys in die vroeër kerk volgens hulle bediening. Agabus as profeet. (Hand 21:10 en 11:28) Ons kan dus die afleiding maak dat apostel, profeet, evangelis, herder, leraar nie as titels gebruik is soos wat ons vandag Doktor sal gebruik nie. Maar mense is geken volgens hulle bediening. Die bedienaars het ook hulle bediening geken en verstaan en was nie skaam om profeties te verklaar wie ek is nie. Die ek is beginsel is baie belangrik in hierdie opsig, want alhoewel God my roep vir ʼn spesifieke taak, moet ek dit bely en erken, of immers saamstem. Toe Johannes gevra word wie hy is, verklaar hy onomwonde: Ek is die stem wat roep in die wildernis, maak gereed die weg van die Here! (Joh 1:23) Die noodsaaklikheid om te sê wie ek is, is nie om erkenning of aanvaarding by mense te soek nie, maar om die goddelike rede/mandaat/motief van my boodskap en koms profeties te verklaar. Ons soek nie die aanstelling of aansien van mense nie, want ons is alreeds deur God aanvaar en aangestel elkeen tot hy of haar spesifieke taak. Wanneer ons dan na mekaar verwys in terme van ons bedieninge is dit om daardeur in die publiek aan te toon dat ons ʼn sekere bediening aanvaar en respekteer. Maar wat onvanpas is, is om die titel as ʼn aanspreekvorm in elke sin te gebruik. Sal profeet so en so asseblief profeet se kar skuif dit staan in iemand se pad. Wanneer ons direk met mekaar praat hoef ons nie die titels te gebruik nie. Maar wanneer ons in ʼn sekere geestelike byeenkoms iemand verwelkom, is dit mooi om so iemand in sy of haar funksie in die liggaam te verwelkom. Wanneer die apostels tog na mekaar verwys in die skrif verwys hulle tog nie na apostel Petrus en apostel Paulus nie. Ons moet ook seker maak waar ons die benamings gebruik, en hoekom. By ʼn rugby wedstryd, is dit gepas om iemand voor te stel as apostel so en so? Dan maak dit meer sin om te praat van die kerk se geestelike leier. Paulus het ook nie onmiddellik van homself as apostel praat nie, inteendeel sy publieke bediening het eers 17 jaar na sy Damaskus ervaring plaasgevind. (Gal 1:18 + Gal 2:1) Sy mandaat tot die heidene het ook eers oor tyd duidelik geword. Roeping tot die vyfvoud bediening is dus nie iets waarvoor ʼn mens aspireer nie. God roep ons alreeds in ons moederskoot (Gal 1:15-16) maar die begrip en visie kom eers jare later wanneer ons hierdie roeping sien en aanvaar. Ons stryd is om te glo dat God ons regtig geroep het. Die stryd is nie om die aanvaarding van mense te kry nie, maar om self te glo in dit wat God oor jou sê. Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. (2

Pet 1:10) As jy nie glo in wie God sê jy is nie, hoekom sal mense in jou roeping glo? Daarom raak ons só besig met dit wat ons dink mense van ons verwag, in stede daarvan om bloot net dit te doen wat Hy ons sê en beveel. In die praktyk het ek al so veel bedienaars en predikante ontmoet wat ongelooflik gefrustreerd is in hulle rol as dominee of pastor. Hulle innerlike natuurlike passie lê byvoorbeeld by sending en die gemeenskap, maar die kerkstruktuur en kerkinstelling verwag van jou om herder te wees, sieketrooster, huisbesoeker en so meer. Dit is hoekom so baie bedienaars later bedank en hulle werklike bediening buite die kerk uitleef. Die protestante kerk vind sy bestaan gesentreer hoofsaaklik om die werksaamhede, leierskap en invloed van die pastor. Ons verwag dat elke gemeente ʼn gekwalifiseerde, effektiewe pastor/herder sal hê. Tog word daar nêrens in die NT melding gemaak van herders nie, buiten in Efe 4:11. Die rol van Pastor/dominee in die NT is die van ouderling, en ʼn ouderling kon enigiemand uit die gemeente wees wat se lewe getuig van integriteit en sekere geestelike kwaliteite. Pastor is die Latynse woord vir herder. Geestelike leierskap in die NT is nooit gesien as n amp verhewe bo die res van die gemeente in terme van aansien en posisie nie. Die verskillende funksies in die kerk word dikwels saam met leierskap in een asem genoem. (1 Kor 12:28) Die punt is: die vroeër Nuwe Testamentiese Kerk het geen offisiële posisies en ampte gehad nie. Verseker was daar ʼn leierskapstruktuur, maar gebaseer op wat jy doen en hoe jy die liggaam gedien het. Offisiële kerk leierskap is eers deur Ignasius beklemtoon 35 107nC. Voor sy dood skryf hy 6 briewe wat die amp van die biskop verhef tot absolute gesag en outoriteit. Die leiding van die kerk wat deur ʼn raad van ouderlinge, apostels en leraars bestaan het, is vervang met die posisie van een leier. Hierdie skeiding tussen die ampte en die gewone lidmaat is nie in lyn met die samestelling van die Nuwe Testamentiese kerk wat Paulus, Petrus en Johannes voorstel nie. Paulus pleit byvoorbeeld aan die een kant vir die reg dat geestelike leiers die reg het op ʼn inkomste vanuit die gemeente. (1 Kor 9: 1-18) maar aan die ander kant verklaar hy dat hy vir die gemeente geen las was nie. (2 Kor 11:7-9) Verder word daar verwys na die feit dat die gemeente die wat oor hulle aangestel is moet respekteer en met waardering hanteer, maar aan die ander kant verklaar hy die volgende oor die amp van apostels; Soms lyk dit vir my of God aan ons wat apostels is, die heel agterste plek in die prosessie toegeken het. Ons is soos terdoodveroordeeldes wat in die arena moet sterf, n skouspel waarmee die hele wêreld spot (1 Kor 4:9) Hy bedoel dit so bietjie sarkasties, omdat hy eintlik verwys na die leiding en opoffering van die apostels. Die punt is egter nog steeds geldig, dat die apostels hoegenaamd geen eer, aansien of posisies van mense gesoek het nie. Hulle het soos Christus almal hulle lewe vir die kerk afgelê. (2 Tim 4:6) Dit is amper komieklik en ook tragies om te sien hoe daar in die kerk gewedywer word vir posisies. Sulke leiers is gesteld om dit baie duidelik te maak wié hulle ken, en onder wié se dekmantel hulle opereer. So vind mens nou in veral die Afrika kerke dat byna elkeen nou n biskop is, óf apostel of een of ander Doktorsgraad het. In die NT is jou diens en jou bediening onder die gemeente die kriteria wat sou lei dat mense jou sou ontvang en respekteer. (1 Kor 9:2 & 2 Kor 10:12-18) In vers 18 maak Paulus dit duidelik dat ons nie onsself moet aanstel nie, maar God. Ons beheptheid met posisies en oor hoe groot ons kerke is, of oor hoeveel kerke in ons netwerk of onder ons is, verdoesel eintlik ons minderwaardigheid en onvolwassenheid in die geloof. Jesus se bediening was onderskei deur wat Hy van Homself gegee het, nie wat Hy kon uit ons kry nie. Hy het nie ʼn posisie gesoek nie, want Hy kom van die hoogste posisie moontlik. Tog het Hy self nooit Sy goddelike posisie gebruik nie, maar vir ons gewys hoe om as mens God se

outoriteit en gesag te bekom, algehele gehoorsaamheid! Werklike geestelike gesag kom nie deur die aanstelling van ʼn mens nie, maar deur algehele gehoorsaamheid aan God. (2 Kor 10:6) Daarom kan die vyfvoud bedieninge nooit posisies wees nie. Dis bedieninge wat God in Sy uitverkorenes geplaas het, wat groei in geestelike invloed hoe meer ons gehoorsaam is aan Sy opdragte. Die funksie van die hierdie bedieninge is om die gelowiges toe te rus. (Efe 4:11) Maar wat behels elke bediening en hoe funksioneer elke bediening in die kerk vandag? Die algehele fokus van elke bediening is om mense te lei en te help om te groei in die wasdom en beeltenis van Christus. (Efe 4:13; Rom 8:29; Gal 4:19; 2 Kor 11:2; Kol 1:28; Efe 3:8; 2 Pet 1:8; 1 Kor 2:2) Ons boodskap is Christus! Alle aktiwiteite, prediking en bediening is met die oog op om meer te wees soos Hy Alhoewel ons bediening soms al die elemente van die vyfvoudige bediening bevat, want dit is deur al vyf wat ons die volheid van Christus sal sien en beleef. Maar dit is duidelik dat elke persoon wat geroep is tot hierdie bedieninge, n inherente en natuurlike neiging na net een van die vyf het. Wat is die beste manier vir Apostels om die Kerk te dien? Ons sal dan al ons aandag aan gebed en die bediening van die woord bly gee. (Hand 6:4) Apostels is primêr gefokus op die akkurate leer van die evangelie van die koninkryk van God. Dis hulle eerste liefde en primêre taak, om mense te bring tot die volle begrip en kennis in Christus Jesus. Hier hoef ons net die voorbeeld van die apostels te volg. Apostels is meesterbouers. Die hoeksteen van ʼn ware apostel se fondament is Christus en geen ander fondament kan gelê word as Jesus nie. (1 Kor 3:10-11 en Efe 2:20) Apostels is in dié opsig pioniers want hulle hou nie van om op ʼn ander man se fondasie te bou nie. (Rom 15:20) As gestuurdes en spesiale boodskappers het apostels gewoonlik ʼn baie spesifieke mandaat. (Gal 2:7-8) Apostels is meer besorg oor die vooruitgang van die Koninkryk van God as net n lokale gemeente. (2 Kor 11:28) Apostels is nie bang om te dissiplineer en dinge in orde te bring nie. Hulle sal selfs die individu uitsonder en in die publiek aanspreek. (1 Kor 4:21; Gal 2:11; Hand 5:1-11; Hand 13:9-11) Omdat fondasies so belangrik is kan daar geen vorm van kompromie toe gelaat word nie. Apostels is vaders. (1 Kor 4:15; Gal 4:19) Apostels se bediening varieer volgens die spesifieke bediening, omvang en invloed, persoonlikheid en inherente kwaliteite van die individu. Maar die volgende aspekte is kentekens van ware apostelskap: Bereidwilligheid om te lei vir die evangelie (Kol 1:24; 1 Kor 4:9-13; 2 Kor 4:8-12; 6:4-10; 11:22-30) en n absolute vasbeslote, amper hardkoppigheid om hul roeping te vervul. (Hand 21:4-14) Apostels is sterk leiers en leef nie op vir mense se aansien en eerbetoon nie. Hulle is partykeer so gefokus op die taak en missie dat menseverhoudinge sekondêr raak. (Hand 15:36-41) Hulle het n eerstehandse ervaring met Christus gehad. (1 Joh 1:2-3; 1 Kor 9:1; 1 Pet 1:12; 1 Kor 15:5-8) Apostels is soos bou inspekteurs wat

gedurig gefokus is op akkuraatheid, en egtheid. Hulle fokus inherent is om seker te maak ons bou volgens God se bloudruk en plan. (2 Tim 1:13) Daarom is apostels hervormers. Hulle breek, en stoot mure van tradisie van mense om, en ontbloot die antieke ortodoksie van die ware evangelie van Christus Jesus. Hulle is altyd besorg oor die groter prentjie, en die einddoel van ons geloof. Apostels is ook prakties in die uitlewing van hulle geloof en roeping. Paulus se bediening spreek praktiese how to kwessies aan in die kerk, en gee dan riglyne van hoe en wat gedoen moet word. Die verskil tussen die 12 apostels en ander apostels in die NT Daar is net twaalf gekose apostels wat deur Jesus self gekies is vir n spesifieke taak naamlik om Sy getuies te wees in lewe, dood en opstanding. Hy het hulle ook in die besonder bekragtig om juis hierdie opdrag te kon uitvoer. Daar sal nooit enige ander apostels opstaan wat met hulle posisie en plek in die kerk kan meeding nie, want hulle was almal ooggetuies van Jesus se lewe. Dit beteken egter nie dat apostoliese bediening by hulle opgehou het nie. Net soos wat God hulle getuur het (Die woord apostel beteken gestuurde) met n spesifieke taak het God ander persone opgerig en gestuur met n spesifieke taak. Die eerste voor die handliggende voorbeeld is natuurlik Paulus. Hy is nooit ingesluit in die oorspronklike twaalf nie. Hy het Jesus nooit fisies gesien nie en kan dus nie aanspraak daarop maak dat Hy n ooggetuie is nie. Tog vergelyk hy homself dikwels met die ander twaalf (1 Korintiërs 9:5). In die vroeër kerk was daar meer as net die twaalf apostels. Paulus verwys na die apostels en sluit Jakobus in een van die broers van Jesus, wat nie een van die eerste gekose twaalf was nie. (Gal 1:19; 1 Korintiërs 15:7) Net soos Paulus het Jesus persoonlik aan Jakobus verskyn, en hom geroep tot die bediening. Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het (Openbaring 2:2) Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. (2 Korintiërs 11:13) Hoe kan daar sprake wees van valse apostels as daar net 12 gekose apostels was en dit is dit. Diegene wat hulleself dus sou probeer aanstel as apostels sou mos verdoem wees nog voordat hulle begin het. Barnabas was ook beskou as n apostel (Hand 14:14) Daar is verseker nog drie apostels wat duidelik in die skrif uit gewys word. Per afleiding kan die volgende persone ook apostels gewees het, maar die skrif is nie eksplisiet nie en dus oop vir interpretasie. Andronícus en Júnias (Romeine 16:7) Silas (1 Tessalonisense 2:6) Epaphroditus (Filippense 2:25) (1 Kor 12:29) almal is tog nie apostels nie Paulus lys apostelskap onder die algemene bedieninge in die kerk, as die 12 n gekose en geslote groep was sou hy nie in hierdie gedeelte enigsins na apostelskap verwys het nie. Dieselfde argument geld in (Efesiërs 4:11) Indien ons glo dat daar nog evangeliste, herders en leraars in die kerk is vandag hoekom kan ons nie glo dat daar ook nog apostels en profete is nie? Wat wel waar is, is dat mens nie vir hierdie bedieninge kan gaan leer nie. Hierdie is gawes en bedieninge wat God deur Sy Gees in mense werk. Soos wat hierdie mense se bediening in die kerk aanvaar word, word dit duidelik watter funksie hulle vervul, want soos alreeds verduidelik verteenwoordig elke bediening sekere spesifieke eienskappe en vaardighede. Soos die profete van ouds net op n dag begin het met hulle bediening, en hoe meer die Here hulle begin gebruik het, het hulle gawe aanneemlik geword onder die mense. Nie almal is geroep tot die amp van die vyfvoud bedieninge nie, maar kan binne die

raamwerk en eienskappe van een of meer van die vyf opereer. Inteendeel hoe meer hierdie gawes in die gemeente aanvaar en gebruik word, word die eienskappe van hierdie bedieninge meer en meer sigbaar onder al die lidmate. Wanneer n gemeente blootgestel word aan byvoorbeeld n apostel sal al hoe meer apostoliese eienskappe sigbaar word in elke lidmaat. Dieselfde geld ook vir die ander bedieninge. Dis hoekom dit so belangrik is dat evangeliste nie net uitgaan en siele wen buite die kerk nie, maar sy of haar gawe in die gemeente kom deponeer sodat almal sielewenners sal word. Want hierdie bedieninge is gegee vir die toerusting en opbouing van die liggaam. Hoeveel gemeentes wêreldwyd het nog nooit in hierdie volheid inbeweeg nie, net omdat hulle glo dat daar nie meer sulke bedieninge is nie. Dit het gelei dat die meeste van hierdie bedieninge buite die kerk en die lokale gemeente funksioneer. In al my jare bediening soek ek soos enige predikant dat mense geestelik sal groei en volwasse word in hulle geloof. So tref jy lidmate aan, wat 2 of 3 jaar Bybelskool voltooi het, maar nog nooit hulle bediening uitleef nie. So vind ons ook dat sommige mense al vir meer as 20 jaar aktiewe lidmate van ʼn sekere kerk is, en tot nog so onvolwasse is in hulle geloof. Ek het die meeste geestelike groei in ʼn kort tydperk beleef in mense wat blootgestel was aan al die vyf bedieninge en aktiwiteite. In ons eie gemeente kan jy baie duidelik onderskei tussen mense wat net Sondag dienste bywoon, en die wat aan al die vyf bedieninge blootgestel word. Bybelskool, huiskerke, uitreikings, gebedsaktiwiteite is die platforms waar al vyf die bedieninge bedien en uitgeleef word in ons gemeente. Dit is een van die primêre redes hoekom ek aangetrek was tot apostoliese reformerende gemeentes. Die spontane groei, en volwassenheid van die lidmate. Toe ek die eerste keer in n Harvester kerk gekom het in die Kaap onder leiding van Apostel André Pelser, was dit een van die eerste dinge wat my opgeval het. Ek het in n kort tydjie meer geestelike volwassenheid en diepte opgemerk by gewone lidmate as wat ek ooit onder kerkleiers beleef het. Is dit ten danke aan Dr. Pelser se bedieningstyl? Ek het later agtergekom, dat dit is omdat die gemeentelede blootgestel is aan die vyfvoud bedieninge. Daar is talle mense in die kerk wat in een van die ampte van die vyfvoud funksioneer. Mense ontvang dus gereeld bediening van onderskeidelik apostels, profete, leraars, pastore en evangeliste, wat saam as n span werk. Daar is geen wedywering en ambisie nie, want elkeen verstaan sy/haar funksie, en tree net op binne die raamwerk van hul kommissie of roepingsopdrag. Dank God dat sommige kerke vandag weer apostoliese bedieninge erken. Hedendaagse apostels is nodig om orde te bring in die kerk veral ten opsigte van sy primêre opdrag om te gaan, dissipels te maak, en die koninkryk van God uit te brei. So baie kerke bestaan net om mense te behou, en nie om te gaan en mense te bereik nie. Dit is hartseer vandag dat die meeste bekende kerke se kweekskoolgetalle besig is om af te neem. Daar is ook nie meer genoeg gemeentes om die nuwe kandidate te plaas nie, want predikante bly langer in gemeentes aan. Die apostoliese mandaat om die bruid te help en te begelei tot volwassenheid in Christus is essensiël vir die kerk se voortbestaan.