'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Petrus en die Krag van Gebed

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Petrus en die Krag van Gebed

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

God se Woord. God se Wil

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Die Kerk Kry Moeilikheid

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

BYBELS-GESONDE GESINNE

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Die enigste afleiding wat sin maak, is dat die homoseksuele kwessie nie vir Stephan so belangrik is nie.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Seisoen van die Gees

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

OKTOBER 2016 Die Kandelaar Bls. 1

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Besprekingsvrae vir selgroepe

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

HANDELINGE ELFDE VERGADERING

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

LoveGodGreatly.com 1

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Empathy Ouerhandleiding

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Daar is konflik in die gemeente

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Die versplintering van die gedroomde nuwe staatskerk deur die verwerping van die voorgestelde nuwe belydenisgrondslag met die Belharbelydenis

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Dawid die Skaapwagter

Gesprekke op strokiesnet/kerkbode oor homoseksualiteit (begin deur 'n skolier)

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Die kerk van die Woord

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Die volgende beginsels is myns insiens van kardinale belang:

ALFABET VAN DIE HUWELIK

AB-2 BELYDENIS VAN BELHAR : GESPREKSDOKUMENT

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Leer Beter Dink Module 1 *

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Verwerking van die Sake van Jou Hart

SEISOEN VAN LUISTER. Waarom n Seisoen van Luister?

Transcription:

Kyk ook: - Die NG Kerk en homoseksualiteit - NGK gemeentes teen gaybesluit - Gay besluit vir eers gestuit - Laat NG kerkrade oor gays besluit - Opbou tot NGK homoseksuele besluit van 2015 - NG teologiese skole pro-gay - Emosionele manipulasie by die sinode - 2007 NGK besluit oor homoseksualiteit - 2004 NGK besluit oor homoseksualiteit - 2016 Hervormde Kerk homoseksuele besluit - Kan ons beweerde Christen gays veroordeel? - Die Bybel oor homoseksualiteit Die NG Kerk se Algemene Sinode het op Vrydag 9 Oktober 2015 hierdie skokkende besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem en 'n net so skokkende pastorale brief uitgereik. Daarna het Dirkie van der Spuy, wat 'n mens gedink het behoudend is, 'n baie verdraagsame houding ingeneem teenoor hierdie besluit, terwyl die kerkraad van Moreletapark hulle sterk gedistansieer het van hierdie besluit. 1. Die besluit 2. Pastorale brief 3. Video 'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ). Kommentaar verskyn in [rooibruin blokhakies]. ************** 1 / 7

1. Besluit Die Algemene Sinode het op Vrydag 9 Oktober soos volg besluit: Stemming: Ja: 114 / Nee: 63 1 Die Algemene Sinode herbevestig die gelykwaardigheid van alle mense ongeag seksuele oriëntasie en verbind haarself tot die handhawing van die menswaardigheid van alle mense. 2 Die Algemene Sinode verklaar dat hetero- en homoseksuele persone wat in ʼn verhouding van persoonlike geloofsgehoorsaamheid aan die Here leef, ten volle kan deelneem aan al die voorregte van die kerk as verbondsgemeenskap. [Volgens 1 Korintiërs 6:9-10 lyk dit nie vir my of 'n persoon wat in 'n homoseksuele staan in geloofsgehoorsaamheid aan die Here kan leef nie.] 3 Die Algemene Sinode herbevestig die besluite oor die huwelik van 2004, 2007 en 2013 dat slegs die verbintenis van een man en een vrou as ʼn huwelik beskou word. 4 Die Algemene Sinode besluit om in die lig van pt 1 hierbo erkenning te gee aan die status van burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag wat gekenmerk word deur liefde en trou, en maak voorsiening dat hierdie verbintenisse deur predikante wat hulle weg oopsien, bevestig kan word. 5 Dieselfde Christelik-etiese standaarde (leer en lewe) geld vir die legitimasie van ordening van alle persone. Punt 7 van die besluit van 2007 verval. [Dus kan predikante nou in homoseksuele huwelike staan.] 6 Die Algemene Sinode erken die diversiteit van beskouinge oor selfdegeslagverbintenisse binne die NG Kerk en bevestig die reg van kerkrade om hieroor hulle eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël. 2 / 7

7 Die Algemene Sinode bevestig die diskresie van kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes te hanteer en versoek hulle om dit in ʼn gees van Christlike liefde te doen. 8 Die Algemene Sinode bied hierdie besluite oor selfdegeslagverhoudings aan met nederigheid na ʼn ernstige soektog en as die beste toepassing van die boodskap van die Bybel soos ons dit tans verstaan. Die Algemene Sinode versoek lidmate, gemeentes en kerkvergaderings om weereens op ʼn selfstandige soekproses na die toepassing van die boodskap van die Bybel hieroor te gaan. In die soektog kan studiestukke van die Algemene Sinode van 2007, 2011, 2013 en 2015 ernstig gelees word. In ooreenstemming met die NGB Art 2 behoort die besondere en algemene openbaring gebruik te word, dws die beste huidige menswetenskaplike bevindings. [NGB Art 2 gaan oor "Die middele waardeur ons God ken". Hierdie besluit is dus gegrond op die aanname dat dit wetenskaplike bewys is dat 'n mens homoseksueel gebore word (God se skepping). Eerstens is dit baie ver van die waarheid af - kyk Nuutste wetenskaplike navorsing oor homoseksualiteit. Tweedens leer ons God eerstens ken deur die Bybel en slegs aanvullend deur Sy skepping indien dit nie teenstrydig is met die Woord nie. Wat het van sola scriptura geword? Miskien moet NGB Art 29 meer aandag verdien...] 9 Die Algemene Sinode besluit om ʼn Christelik-Bybels-etiese model oor die seksualiteit vir alle mense te ontwikkel om gemeentes te begelei in die lig van die voorafgaande besluite. Hierdie saak word ook verwys na die Projekspan vir Leer en Aktuele Sake, wat reeds ʼn soortgelyke opdrag in A p 172 punt 7.4 ontvang het. ["Christelik-Bybels-etiese model" en "homoseksuele verhouding" staan direk teenstrydig. 'n Mens kan nie die twee begrippe versoen nie.] 10 Die Algemene Sinode besluit om ʼn bevatlike oorsig van die NG Kerk se reis met homoseksualiteit saam te stel en te versprei om gemeenteleiers te bemagtig in die begeleiding van gemeentes oor hierdie saak. VOORSTELLER en SEKONDANTE 3 / 7

André Bartlett, Chris van Wyk, Monty Sahd ( Johann Ernst se naam was aanvanklik een van die sekondante, maar dit was blykbaar 'n fout. Kyk Gay besluit moontlik gestuit en Gay besluit vir eers gestuit.) Die Algemene Sinode het verder besluit: 1 Vanuit ons verbintenis tot die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid sê ons as Algemene Sinode opreg jammer vir mense wat seergekry het en wie se waardigheid aangestas is weens enige homofobiese taal, gedrag of gesindheid van die kant van die kerk, ook tydens hierdie vergadering. 2 Die Algemene Sinode weerhou haarself voortaan van enige homofobiese taal, gedrag en gesindheid juis vanweë ons verbintenis aan die Seisoen van Menswaardigheid, en ook vanuit ʼn diepe oortuiging van die diskriminerende aard van sodanige taal, gedrag en gesindheid as gevolg daarvan. Die Algemene Sinode het verder besluit: 1 Die Algemene Sinode dra dit aan die Algemene Steunspan Regte op om die kerkregtelike- en regsimplikasies van enige besluit(e) insake selfdegeslagverhoudings te ondersoek met verslag en aanbeveling aan die Algemene Sinodale Moderamen. 2 Die Algemene Sinode neem kennis dat volgens die Civil Union Act (Wet 17 van 2006) vereis word dat denominasies skriftelik by die Minister moet aansoek doen om toestemming te verkry om selfdegeslagverbintenisse te voltrek (vergelyk Klousule 5 wat soos volg lees: Designation of ministers of religion and other persons attached to religious denomination or organisation as marriage officers: (1) Any religious denomination or organisation may apply in writing to the Minister to be designated as a religious organisation that may solemnise marriages in terms of this Act). 4 / 7

Die Algemene Sinode het verder besluit: 1 Die Sinode van Namibië versoek die Algemene Sinode om kennis te neem dat pt 4 in die goedgekeurde voorstel wat soos volg lees erkenning te gee aan die status van burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag, in stryd is met die landswette van Namibië. 2 Die Algemene Sinode keur goed dat hierdie pt 4 oor selfdegeslagverhoudinge nie afdwingbaar is op die Sinode van Namibië nie. 2. Pastorale brief Op 10 Oktober 2015 het die sinode die volgende brief vrygestel: PASTORALE BRIEF N.A.V. DIE 2015 ALGEMENE SINODE Geliefdes in die Here Jesus Christus, Ons neem vrymoedigheid om aan u te skrywe oor die besluit wat die Algemene Sinode hierdie week oor selfdegeslagverhoudings geneem het. Hierdie vrymoedigheid spruit uit ons diep verbondenheid aan mekaar as mense wat Jesus as die Here bely. Dit is nie in die eerste plek die wêreld se media se taak om u in te lig oor ons besluit nie, maar dit is ons as familie se verantwoordelikheid om met u hieroor te praat. Dit is nie die eerste keer dat ons as kerk hieroor moes standpunt inneem nie. In 2007, 2011 en 2013 is daar besluite geneem wat ons al voorheen met u gekommunikeer het. Ons was genoodsaak om weer oor die saak na te dink. Soos die vorige kere was dit vir ons moeilik. Met oop Bybels en biddende harte het ons as gelowiges saam na die wil van die Here gesoek. [Hier die is 'n blatante leuen, om die minste te sê.] Dit is al wat saakgemaak het. Die probleem is net dat ons, soos die kerk wêreldwyd, as gelowiges van mekaar verskil oor wat die wil van die Here in hierdie saak sou wees. Juis 5 / 7

daarom het ons moeite gedoen om in liefde met mekaar te praat oor hoe ons die wil van die Here hoor en verstaan in hierdie komplekse wêreld waarin ons leef. Daar was n sterk gevoel dat verdere studie nodig is, maar uiteindelik het die sinode besluit dat ons nie kan bekostig om niks te sê nie. Om net stil te bly, sou te veel sê. Ons bied hierdie besluit met nederigheid aan as n besluit wat steeds aan voortgaande besinning onderworpe is. Ons vra ook mooi dat u die besluit in sy geheel sal verstaan. U sal opmerk dat die besluit die ruimte ooplaat vir kerkrade om na gelang van hulle eie oortuiging en omstandighede te handel, dat daar voortgaande navorsing gedoen sal word, maar dat daar ook bepaalde besluite geneem is waaraan gevolg gegee gaan word. Vanselfsprekend binne die raamwerk van die liefde. Ons het die volledige besluit so wyd as moontlik bekend gemaak (en heg dit ook hier onder aan). Die volgende punte is veral belangrik: Die Algemene Sinode het verklaar dat beide hetero- en homoseksuele lidmate ten volle aan al die voorregte van die kerk kan deelneem. Dit sluit in dat dieselfde Christelik-etiese standaarde vir alle persone geld wanneer dit by legitimasie en ordening kom die Algemene Sinode maak geen onderskeid tussen persone nie. Ons bevestig ons standpunt dat slegs die verbintenis van een man en een vrou as n huwelik beskou word, maar gee ook erkenning aan burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag wat gekenmerk word deur liefde en trou - en maak voorsiening dat hierdie verbintenisse deur predikante wat hulle weg oopsien, bevestig kan word. Omdat ons die diversiteit van beskouinge in die kerk erken, gee ons die reg aan kerkrade om hieroor hulle eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël. Hierdie is n besluit wat ruimte wil maak, wat gemeentes wil toelaat om vanuit oortuiging en nie onder dwang nie na God se wil te soek. Ons as Algemene Sinode onderneem om in die tyd wat kom alle regsimplikasies, byvoorbeeld rondom burgerlike verbintenisse, te ondersoek en inligting aan sinodes en kerkrade beskikbaar te maak. Ons onderneem verder om materiaal te ontwikkel waarmee ons lidmate en gemeentes kan begelei, maar ons versoek alle lidmate, gemeentes en kerkvergaderings om ook selfstandig te gaan soek na die toepassing van die boodskap van die Bybel in hierdie verband. 6 / 7

Die sinode het ook talle ander besluite geneem. Ons het onder meer besin oor die gestuurdheid van ons kerk na die wêreld. Ons getuienis oor Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker is beklemtoon. Jeugbediening was n belangrike fokus van die vergadering. Ons het ook goed nagedink oor die kerklike media, die praktyk georiënteerdheid en toeganklikheid van teologiese opleiding, armoede, kerkeenheid en maatskaplike geregtigheid. Oor hierdie en nog veel meer sake is die leiding van die Here gesoek. Die kerk is vir ons n veilige ruimte waarbinne ons eerlik met mekaar kan praat en waar ons onsself voortdurend afvra wat vir die Here aanneemlik is (Ef. 5:10). Dit is ons behoud. Dankie dat ons as lidmate van die NG Kerk die pad lojaal-krities saam kan aanpak. Ons het mekaar meer as ooit tevore nodig. Laat ons steeds aan mekaar en bo alles aan Christus vashou. Groete van julle broers in Christus Nelis Janse van Rensburg en Dirkie van der Spuy Moderator en assessor van die Algemene Sinode van die NG Kerk 3. Video In die volgende video lewer die moderator, Nelis Janse van Rensburg en die assessor, Dirkie van der Spuy, kommentaar op besluit oor selfdegeslagverhoudinge: Algemene Sinode 2015 Selfdegeslagverhoudings Dit is jammer dat Dirkie van der Spuy hierdie akkomoderende houding inneem oor homoseksualiteit. 'n Mens het gedink hy is behoudend. 7 / 7