Vrydagnuus 13 Januarie 2017
|
|
- Ernest McDowell
- 6 years ago
- Views:
Transcription
1 Vrydagnuus 13 Januarie 2017 Lees: Psalm 40:9 en Psalm 27:4 Net een ding... Saam met elke nuwe jaar kom daar gewoonlik n klomp voornemens. Soms is die lysie lank en word ons meestal gedurende die jaar ontnugter omdat ons nie daarby kon hou nie. Vir diegene wat al heelwat jaarringe het, is die teenoorgestelde waar. Ons het nie meer nuwejaarsvoornemens nie. Ons lysies van voornemens is nie kort nie, dis leeg. Vir sulke mense is die een jaar maar soos die ander en het ons nie juis enige verwagtinge van n nuwe jaar nie. Ek is nie seker waar ek presies inpas nie. Ek betrap my dat ek nog soms kinderlike opgewone is oor n nuwe jaar en gevul is met baie energie en drome en planne. (selfs meer as gewoonlik as jy binnekort n kleinkind ryker word) Maar soms, moet ek bely, wonder ek ook of ek nie naïef is om soveel verwagtinge van n nuwe jaar te koester nie. Ja, as ek eerlik is, is daar ook tye wat ek twyfel of die nuwe jaar enige iets nuuts sal baar behalwe dieselfde sorge en verydeling van die voriges nie. Is daar n ander moontlikheid as die twee wat ek hier genoem het? Ek dink so. Dis interressant dat Psalm 40:9 en Psalm 27:4 sê dat hulle net een ding soek en net een ding begeer. NET EEN DING. Waar ons lewens baie keer gekenmerk word deur die baie dinge wat ons soek en begeer, praat die digters van die Psalms van een ding. Hulle is gefokus. Hulle het n duidelike verwagting. Hulle is helder en absoluut duidelik oor wat hulle van die lewe verwag. Dis verfrissend. Dis anders. Dit laat mens stilstaan en vra: wat is hierdie een ding, hierdie een begeerte waarvan hulle praat? En wat kan ons daaruit leer aan die begin van n nuwe jaar. Dis interressant dat beide die Psalms se een begeerte en een soeke te make het met die Here. Ps 27:4 sê dat hy net een ding van die Here vra en dat hy dit sal bly soek... en dis om in die huis van die Here te bly tot in lengte van dae. M.a.w. om in die Here se teenwoordigheid te wees. Dis wat hy van die Here vra en waarna hy strewe. Psalm 40 vers 9 sê dat die digter een groot begeerte het en dit is om die wil van die Here te doen. Die Message vertaling sê dat die Here sy ore sal open sodat hy na die Here sal luister. Sal dit nie wonderlik wees as ons die jaar so kan begin nie? Met een soeke, een begeerte, een ding wat ons van die Here vra nie: en dis om naby Hom te lewe. Om Hom beter en beter te leer ken. En om die kuns te ontwikkel om fyn na sy stem te luister en te weet wat Sy wil vir my lewe is. Wil jy dit nie oorweeg om met groot oë en kinderlike verwondering jou nuwejaarswens vir 2017 te verander sodat dit in lyn met die Psalmdigter se een begeerte en een wens is nie? Mag 2017 gekenmerk word deur n lewe van vreugde en verwondering... omdat ons fyn na hom geluister het en naby aan Hom gelewe het. Geseënde Hans Steyn
2 DIE PARADOKS EN IMPAK VAN GEBED Gebed is n paradoks. Geen ander geestelike oefening is so n vermenging van kompleksiteit en eenvoud nie. Dit is die eenvoudigste vorm van spraak wat deur suigelinge gepraat kan word maar tegelykertyd die verhewendste woorde wat die Majesteit in die hemel bereik. Dit is net so geskik vir die bejaarde filosoof as vir die jong kind. Dit is die uitroep van n oomblik van benoudheid en ook die gesindheid van n leeftyd. Dit is die uitdrukking van die rus wat ek in geloof het en terselfdertyd die geloofsgeveg waarin ek betrokke is. Dit is pyn en angs, en tog ook ekstase. Dit is onderworpe sowel as opdringerig. Op dieselfde oomblik gryp dit vir God vas maar bind ook die duiwel. Dit kan op 1 spesifieke saak fokus, terwyl dit ook die wêreld deurreis. Dit kan wees gebroke belydenis sowel as ekstatiese aanbidding en verwondering. Dit beklee die nietige mens met n soort almag. Daarom is dit geen wonder nie dat selfs die grootste intersessor en voorbeeld verplig was om te erken: Ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie. Hy was egter gou om by te voeg: Die Gees self pleit vir ons... volgens die Wil van God, vir die gelowiges. (Rom.8:26-28) Ons Here het ons nie in twyfel gelaat oor die belangrikheid van gebed in die uitdra van die Evangelie nie. Hy het die verspreiding van God se Goeie Nuus duidelik in gebed geanker met Sy onvergeetlike woorde: Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan Wie die Oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir Sy Oes. (Mat.9:37-18) Paulus en Barnabas het op die 1ste sendingreis vertrek vanuit gebed en vas. (Hand.13:2-4) Van toe af tot nou het sendingwerk nog altyd vordering gemaak wanneer mense op hul knieë was. Daar waar gebed louwarm en afgewater was, het sendingwerk gekwyn en was dit vrugteloos. Is dit nie eienaardig nie dat ten spyte van ons oortuiging van die voorreg en noodsaaklikheid van gebed, ons maar altyd sukkel met n onderliggende weerstand in ons eie lewe teen gebed? Ons vind nie natuurlikerwys uit onsself vreugde daarin om tot God te nader nie. Ons bely met ons mond hoe waardevol en kragtig gebed is, en tog versuim ons so dikwels om te bid. As ek gaan bid, het n toegewyde Christen erken, vind ek my hart is so traag om in God se Teenwoordigheid te kom, en as ek by Hom is, is my hart so traag om by Hom te bly. Dit is hier waar selfdissipline inkom. Iemand het lank gelede gesê: As jy die minste lus is om te bid, moenie toegee aan jou gevoel nie. Maar streef daarna om te probeer bid al dink jy jy kan nie bid nie. In hierdie aspek van ons lewe kan ons regtig gebruik maak van die Heilige Gees se beloofde Bystand in ons swakheid. (Rom.8:26-27) Voorbidding sal tyd neem, maar kan ure regtig meer strategies aangewend word as dit? Dit wil voorkom asof tyd n faktor is waaraan daar wêreldwyd n kroniese tekort is. Tekort aan tyd is n baie holruggeryde verskoning vir plig wat versuim word. En tog, eienaardig genoeg, selfs al is ons hoe besig, vind ons altyd tyd vir die dringende dinge wat ons graag wil afhandel. In werklikheid lê die probleem dus nie by die tydfaktor nie, maar in die area van wil en begeerte. Elkeen het al die tyd wat beskikbaar is, en ons kies elkeen ons eie prioriteite. Ons plaas outomaties dit wat ons as die belangrikste beskou, 1ste in ons lewe. As ons gebedslewe verarm is, is dit omdat ons dit as minder belangrik beskou, nie as fundamenteel die belangrikste nie. Vir ons Here was gebed nie n onwillige huiwerige bysaak of aanhangsel nie, maar n basiese noodsaaklikheid. Die tyd wat ons in gebed spandeer sal afhang van hoe ons ons prioriteite indeel. As ons Christus se Siening van die onontbeerlikheid van gebed deel, sal ons op 1 of ander manier tyd maak daarvoor. (geneem uit: Effective Prayer deur J. Oswald Sanders) As jy die uitnemende Krag van gebed wil hê, moet jy in n liefdevolle, lewende, bestendige, doelgerigte praktiese en blywende eenheidsband met die Here Jesus Christus bly (Charles Spurgeon)
3 100dae Dissipelskap Hierdie jaar sal die vierde jaar wees waarin ons besig is met die 100dae Dissipelskap. Ons hoop om dit vanjaar op `n heel ander vlak te doen (soos die kinders sê: ons gaan groot! ). Die naweek van Februarie begin ons 100dae Dissipelskap. Die naweek word `n afskop seminaar aangebied. Dr Frederick Marais het ingestem om hierdie geleentheid vir ons te kom lei. Dit word in die kerksaal aangebied. Die plan is om Vrydag van 18:00-21:00 besig te wees, en om Saterdag vanaf 9:00-17:00 besig te wees. Dit is juis so beplan dat dit maklik is vir meer mense om dit te kan bywoon. Gedurende die 100dae dissipelskap word die deelnemers in kleingroepe van 3-5 persone ingedeel. Die dissipelgroepe bemoedig mekaar en hou mekaar verantwoordelik om elkeen se self uitgesoekte geloofdissiplines getrou te beoefen. Ons plan is om die dissipelgroepe gedurende die naweek van Februarie saam te stel; om deelnemers te help om die geloofsdissiplines wat elkeen gedurende die 100dae gaan beoefen te identifiseer; en om meer inligting oor die verskillende geloofsdissiplines te gee. Die koste aan die afskop seminaar is R per persoon. Dit sluit materiaal, etes en tee en koffie in. U kan by die kerkkantoor inskryf. Hoe begin ons die jaar? Wat sal ons saamneem na die Here? "Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God." Miga 6:8
4 Jeug JEUGBYBELSKOOL Kontak vir ds Stefaans Burden by indien jy betrokke wil raak kleuterkerk As jy wil bedtrokke raak by die Kleuterkerk, kontak vir Danita Griessel by Vroeëkind Ontwikkeling Verskeie bewaarskole is begin en aan die gang. Indien jy ou legkaarte, boekies, inkleurkryte of ou speelgoed het wat jou kinders nie meer gebruik nie, bring dit asb kerkkantoor toe. Ons versprei dit tussen die verskillende bewaarskole. Belydenisklaskamp Januarie 2017 Ds Hans kamp bogenoemde datum met die belydenisklas by Wortelgat. Hy benodig hulp met die volgende - vervoer of borg van brandstof/vrugte/beskuit/koekies. Koste is R per leerder. Indien jy n kind wil borg, of behulpsaam kan wees met een van bogenoemde, kontak asb vir ds Hans of die kerkkantoor.
5 TEN LAASTE Uit die Pen van... Marinda Engelbrecht Grensverskuiwer vir lê soos 'n leë palet voor ons. Ons moet kwaste optel en die prentjie skilder. Gaan ons die prentjie net bietjie aanpas of gaan ons baldadig die verfkwaste optel en spatsels helder kleure gebruik? Gaan jy vanjaar grense verskuif en uit jou gemaksone kom? Om grense te verskuif moet jy weet waar jou grense lê: jy moet weet wie jy is, waarvoor jy staan en waarin jy glo. Grensverskuiwers het die vermetelheid om anders te dink. Doen elke dag iets wat jou net so 'n klein bietjie bang maak daag jouself uit; maak die onmoontlike moontlik! Skuif grense oor jou selfbeeld: "So lank jy nie swaarder as jou yskas weeg nie, is jy orraait." God het jou geskape en jy is mooi nes jy is. Skuif grense oor jou gesindheid: Mense met n positiewe gesindheid kan 'n oplossing raaksien. As ons grense verskuif, kan ons ons volle potensiaal bereik. Het jy al jou potensiaal bereik? God sê immers dat jy goed genoeg is om jou potensiaal te bereik. Michelangelo het gesê: "In elke blok graniet is 'n pragtige beeld." Verskuif jou grense in 2017 en ontdek daardie beeld. Die sprankelende teater-mens en regisseur, Marinda Engelbrecht, het geen bekendstelling onder Kokkedoor-kykers nodig nie. Sy is 'n grensverskuiwer in eie reg, bekend as kosmaker (met 'n eie blog) en stel haarself as "vrou, ma, ouma en vriendin" voor! Dankie vir jou bydrae, Marinda. ***
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017
1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts
More informationDankie dat jy hierdie eboek gekoop het!
Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa
More informationDans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS
OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN
More informationFilippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du
Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte
More information'n Man gestuur deur God
Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible
More informationBybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God
Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible
More informationthis room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle
Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor
More informationJesaja sien die Toekoms
Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationDie Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.
SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)
More informationVERVULLING MET DIE HEILIGE GEES
SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering
More informationGeloofsvorming by kinders en jongmense
Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?
More informationFor 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009
For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009
More informationGOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond
Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy
More informationDit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.
n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand
More informationOm te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.
Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het
More informationPetrus en die Krag van Gebed
Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationHoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê
Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet
More informationBybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër
Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children
More informationDIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.
DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
More informationFaith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.
Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.
More informationPetrus en die Krag van Gebed
Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationGebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?
1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk
More informationDIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.
SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die
More informationDie sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel
More informationToestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.
Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie
More informationOns agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.
1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die
More informationDie Kerk Kry Moeilikheid
Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children
More informationPreek 2 Korintiërs 12:7-10
1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings
More informationOns het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.
Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help
More informationDie Uur Wat Die Wêreld Verander
Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na
More information11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die
INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...
More informationVan paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die
Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers
More informationINHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:
INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10
More informationEpifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?
Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in
More informationJak 4:1-10 Waar is jou hart?
Jak 4:1-10 Waar is jou hart? Wie van julle se gunsteling boek is Jakobus? Ek het min mense al teengekom vir wie Jakobus hulle gunsteling boek is. Hoekom? Want die dinge wat in Jakobus staan val nie altyd
More informationHoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my
As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar
More information1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls
1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak
More informationSeisoen van die Gees
HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE
More informationn Gids om kinders tuis te help lees en skryf
Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste
More informationGod se Woord. God se Wil
God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer
More informationProfetiese woord vir 2017 en verder
Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.
More informationDissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9
Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee
More informationPreek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:
Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat
More informationJan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?
Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor
More informationErediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:
Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele
More informationHoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.
GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente
More informationDie Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark
Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die
More informationInleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal
Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Die Bybel is werklik n merkwaardige stel boeke. Dit be vat so baie: so baie verhale, so baie karakters, so baie emo sies, so baie gebeure, so baie
More informationTOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP
TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent
More informationSoos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.
Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van
More informationJosua - van jongs af n leier
Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë
More informationKRAG VAN TRANSFORMASIE
KRAG VAN TRANSFORMASIE, [Broer Branham en gemeente neurie Glo Net Red.] 2 Dit sou soort van moeilik wees vir enigeen om hulleself uit te druk in n n tyd soos hierdie, om te sê hoeveel ek hierdie voorreg
More informationGEBED VIR KERKLEIERS
GEBED VIR KERKLEIERS HERE, Ek dank U vir ons geestelike leiers wat U aan die liggaam van Christus gegee het om ons te bewaar van elke gevaar, die waarheid in liefde te spreek en ons toe te laat om te groei
More informationDie krag van. n vrou wat bid
Die krag van n vrou wat bid 26 Wanneer Die krag n van vrou n vir vrou haarself wat bid bid P HOOFSTUK EEN p Here, trek my nader sodat ek meer intiem saam met U kan wandel V oordat ek die Here leer ken
More informationLUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS
LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse
More informationSalig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?
Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer
More informationIN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE
IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit
More informationPreek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".
Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes
More informationJan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!
Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil
More informationDIE AA NDBOODSKA PPER
DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so
More informationBesprekingsvrae vir selgroepe
Besprekingsvrae vir selgroepe Week 1 : Egte God INLEIDING God is die bron, die oorsprong van liefde, daarom lei elke opregte soeke na liefde in die hart van n mens altyd weer terug na God. Maar dis nie
More informationVERANDER GOD SY GEDAGTE?
VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.
More informationHoofstuk 7: Wat moet ek doen?
Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.
More informationGod Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar
GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as
More informationJeugdag: Die Gees sluit almal in!
Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs
More informationLoveGodGreatly.com 1
LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n
More informationFasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry
Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder
More informationDIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR
DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie
More informationWEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM
WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek
More informationDEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING
KOPIEREG VOORBEHOU//COPYRIGHT RESERVED DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING SKOOL VIR DIE BOU-OMGEWING/SCHOOL OF THE BUILT ENVIRONMENT FAKULTEIT INGENIEURSWESE, BOU-OMGEWING EN INLIGTINGTEGNOLOGIE
More informationTeks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:
Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,
More informationLES LESTEMA WEEK VAN BLADSY
Bladsy 2 INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY 1 Lent 2018: As-Woensdag 14 12 Februarie 6 Februarie 2 Lent 2018: Jesus se uitnodiging 19 Februarie 9 3 4 5 6 7 Lent 2018: Om die bose te oorwin 26 Februarie
More informationNow as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---
Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as
More informationVolume 3 van 2016 September 2016
Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen
More informationBybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter
Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationSluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening
Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening Jy moet hard werk! Sterkte! n Program saamgestel uit: Swallow Right (Pierce & Warvi) en Tongue Thrust: Remediation programme (Del Duca) Les 1 Oefeninge vir
More informationBlue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter
1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.
More information, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.
DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie
More informationDawid die Skaapwagter
Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationPreek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman
Preek Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman Reekstema: Hoe om in vrede en liefde met ander te leef Skriflesing: Gen 29:31-30:24 Hierdie verhaal handel oor die konflik tussen Ragel en Lea. Die rede
More informationJan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself
Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26
More informationOndersteun sendelinge en raak deel van ʼn span
Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span My liewe vriend, jy doen regtig wat ʼn gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het,
More informationWat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?
Boodskap aan die Algemene Diensgroep Gemeente-ontwikkeling Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen? Deur Neels Jackson 21 Oktober 2008 Goeienaand en dankie
More informationInhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13
Inhoud Bladsy Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13 IV. BOU JOU HUWELIK 18 Welkom! Baie welkom by die dooptoerusting.
More informationAANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III
AANNEMING, DEEL III 69 Aanneming Deel III ` ^Neville. Goeie môre, klas. Ons is baie bly om weer terug te wees om julle weer te groet in daardie algenoegsame Naam van die Here Jesus. Vertrouend dat julle
More informationdie goeie en mooi GEMEENSKAP
die goeie en mooi GEMEENSKAP Inhoudsopgawe Hoe lyk die reis? 4 Die goeie en mooi gemeenskap (Deel 1): 10 Februarie 16 Maart 1. Die goeie en mooi gemeenskap 8 2. Die vreemde gemeenskap 13 3. Die hoopvolle
More informationInhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak
Inhoudsopgawe 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak 2. Hoe God se beursie werk... 19 Sewe stappe wat jou voorberei om met God saam te werk vir n finansiële wonderwerk
More informationDienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?
Dienstye: Alberton LewenSentrum Eredienstye: Sondae 08:15 10:15 18:00 Kerkkantoor: 011 867 7244 Noodnr: 079 524 7945 E-pos: info@als.org.za Webtuiste: www.lewensentrum.org.za Bankbesonderhede: Alberton
More informationKANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus
KANT KIES VIR JESUS 669 Kant Kies Vir Jesus ` Een of ander plek in Louisville waar jy_jy eet, en dit word genoem^laat ons sien, Dogpatch Restaurant. Ek het vandag een gekry. As iemand daar eet, dan neem
More informationMatteus 5:38-48 (Skyfie 1)
Matteus 5:38-48 (Skyfie 1) 1. Teks Vergelding 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: 'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. 39Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen 'n kwaadwillige mens verset
More informationBYBELS-GESONDE GESINNE
1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens
More informationInhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7
Inhoudsopgawe Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7 Week 1: Leer om die taal van liefde te praat... 9 Die Vyf tale van die liefde-profiel... 21 Week 2: Liefdestaal #1: Opbouende woorde... 27 Week 3:
More informationDie Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4
februarie 2011 Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse.... p4 Leef wat jy droom Ons het almal drome... p7 p2 Fokus p6 p8 p10 Kaleideo Klanke Kuier by... Uitreike p11 Kreatief
More informationTensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN
1 FAITHSTORY PUBLISHING 1 Tarentaal Weg, Mooivallei Park, Potchefstroom, 2531 Alle regte voorbehou. Gedruk vir die eksklusiewe gebruik deur Every Nation Faith City. Geskep en gepubliseer onder die lisensie
More informationOm gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX
Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX INHOUDSOPGAWE 1 Kom maar in die water is lieflik 3 2 So, jy wil gedoop word? 9 3 Wat is die doop van die gelowiges? 11 4 Waarom moet ons gedoop word? 17
More informationTo love without knowing how to love wounds the person we love.
To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein
More information7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE
7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week
More informationALFABET VAN DIE HUWELIK
ALFABET VAN DIE HUWELIK Aanvaarding Aanvaar mekaar vir wie julle is. Moet nie jou maat probeer beitel tot die perfekte huweliksmaat nie. Bederf As julle lief is vir mekaar sal julle mekaar altyd bederf.
More informationONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID
ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat
More informationDie Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool
Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za
More information