Gebedsbrief November 2009

Size: px
Start display at page:

Download "Gebedsbrief November 2009"

Transcription

1 BYBELS VIR CHINA Ned Geref Gemeente HARTSWATER Gebedsbrief November 2009 Daar heers 'n dringende behoefte aan Bybels vir ons vervolgde broers en susters in China. Die situasie in China is vinnig besig om te verander. Alhoewel daar 'n nuutgevonde vryheid in baie dele van China is, bestaan daar geen twyfel dat die Chinese regering voortgaan om die verspreiding van God se Woord te onderdruk nie. Dit is 'n uiters kritieke situasie aangesien daar geraam word dat tot mense elke dag, oor die hele China, tot geloof in Jesus Christus kom! Slegs die ongeveer 35 miljoen chistene, wat aan die amptelik en staatsgereguleerde kerke behoort, het vrye toegang tot Bybels. Dit word beraam dat daar tans tussen 60 en 80 miljoen christene in totaal is. Dus is daar tussen 25 tot 45 miljoen wat aan kleiner kerke kerke behoort en nie toegang tot Bybels het nie! Geopende Deure het die netwerke in plek om duisende Bybels oor die hele China te versprei, veral aan die nuwe gelowiges wat in hulle nuutgevonde geloof onderlê moet word. Dit is egter slegs met die ondersteuning van christene in die buiteland dat ons in die behoefte aan Bybels sal kan voorsien. Slegs R40-00 bydrae plaas 'n Bybel in die hande van 'n vervolgde gelowige. Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion. (Ps 20:2) Kontak ons gebedskoördineerder: Kolie Visser: visja@telkomsa.net

2 ONS BID VIR So sê die Here die Almagtige: As dit vir die oorblyfsel van hierdie volk vandag onmoontlik lyk, moet dit dan ook vir My onmoontlik lyk? Die Here die Almagtige het dit gesê. (Sag 8:6): Dank vir n groeiende begrip by lidmate dat ware kerkwees n gerigtheid na buite die gemeente behels. Bid vir veranderde harte en nuwe perspektiewe deur die Beleef God! Bybelstudies en preke. Mag ons n gemeente wees wat al meer na die wil van God in ons lewens vra en die geloof het om te gehoorsaam! Spesifiek ook in sy wil vir ons as gemeente! Vir al die kankerlyers in ons gemeente en gemeenskap, asook familielede en vriende van lidmate. Vir die Here se leiding aan ons kerkraad en gemeente met die beplanning en strukturering van die bediening ná ds TC se vertrek teen einde Januarie Vir plaaslike NGKA en VGKSA gemeentes waar die bediening tans onder haglike omstandighede verkeer vanweë finansiële nood en gebrek aan leraars. Bid ook vir wysheid hoe ons as gemeente betrokke behoort te wees. Dat ons gemeente-visie nie sal vervaag nie. Bid dat die Here ons sal help om ons omgee op al meer konkrete maniere sigbaar te maak. Redirammogo Project 8570 (nuwe naam van Projek 8570) bid dat die besigheidsplan vir hierdie projek goedgekeur sal word en dat die projek spoedig van die grond af sal kom. Vir die finalejaar ModKats van vanjaar. Bid dat hul belydenisaflegging waarlik n getuienisgeleentheid van n verhouding met Christus sal wees en nie net n formaliteit nie. 2 Vir hulle wie jare lank al worstel met die verwerking van die dood van 'n kind. Vir die slagoffers van verslawing. Vir die samestelling van die 2010 gemeentekalender. Bid dat die Here duidelik sal lei. Vir die herstrukturering van die bediening aan en deur die gemeente waarmee die kerkraad tans besig is. Vir wysheid wat betref die jeugbediening in die gemeente, veral om ons kinders betrokke te maak by bedieninge in die gemeente. Vir die samewerking tussen die verskillende denominasies in ons gemeenskap tot eer van die Here en die uitbreiding van sy Koninkryk. Vir die boere in die komende oestyd. Vir die matrikulante wat nog besig is met hul eksamen. Ook dat hulle hul nuwe toekoms in afhanklikheid van die Here tegemoet sal gaan, en hulle in n lewende verhouding met die Here, sal leef tot getuienis vir baie ander jongmense rondom hulle. Vir seën op ons Kerssangdiens met Philip en Ella wat hier optree, dat dit waarlik n ontmoeting met die Here sal wees. Vir ds TC en Linda met die vrystelling van n werkspermit, asook verkryging van n verblyfpermit, om in Botswana te kan gaan werk. Aangesien die Botswana-regering hoë eise stel aan sendelinge wat betref die verkryging van permitte, moes die indien van die aansoek uitgestel word na die 25 ste November. Daar word vereis dat n advertensie eers in n Botswana-koerant geplaas moet word. Vir Frans Hancke se meer as 20 optredes namens dieplan in Indië en Brittanje. Bid vir sy gesondheid en liggaamskrag.

3 Lidmate met besondere behoeftes die afgelope maand Gert Swart-familie Nellie besig met rehabilitasieprogram Andries Joubert sterk aan na blaasverwydering vanweë kanker Petro du Plessis (Burger Langenhoven en Johanna Delport se suster) behandeling gestaak, gaan nie goed nie Margot Moles weer operase gehad agv kanker Jac en Bets Thuynsma het 38% van hul plaas in brand verloor Jan van Staden sy suster Driekie is onverwags oorlede Jurg Bester was in hospitaal Jaap Jacobs was in hospitaal Gert Olivier was ongesteld Ben Lottering Sonja Visser se pa het operasie gehad Dina-Mari Visser het operasie gehad Gert Kühn het sy broer in fratsongeluk aan dood afgestaan Beleef God! Ons bid weekliks op Donderdae om 09:00 09:10 vir: 1. Di Martin en TC vir preek- en omgeegroepmateriaal voorbereiding 2. Seën tydens eredienste 3. Positiewe gesindheid by lidmate tydens 24 weke van Beleef God! 4. Voorbereiding en fasilitering van omgeegroep/-wyk deur omgeegroepleiers/ouder-linge 5. Groei van omgeegroepe 6. Groei van omgeewyke 7. 'n Groeiende bewuswees van die Here se roeping en sy lewende teenwoordigheid in ons individuele sowel as gemeentelike lewe 8. Dat God in alles verheerlik sal word 3 Aksie België vir Christus se November 2009 gebedskalender was ongelukkig nie betyds beskikbaar nie en sal by kerkdeure uitgedeel word sodra ons dit ontvang. AANSOEK VIR 4X4 BAKKIES Die aansoek vir die bakkies het ongelukkig deur die mat geval vanweë veranderinge met General Motors se beleid ten opsigte van hulp aan kerke. Bid asseblief dat die Here sy eie unieke uitkomste sal gee vir die bedieninge waarvoor ons aansoek vir bakkies wou doen: Missions in the Okavango Delta (Willie Booyse) theplan (ds Ensie Enslin) Mission Outreach Mozambique and Zimbabwe (NGK Weltevreden) Kgalagadi Christian Mission (ds TC) Vir plaaslike gebruik deur ons gemeente, onder andere die Redirammogo Project WAAROM BETROKKE BY SUID-OOS ASIË? Die sinode van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland het besluit dat Suid-Oos Asië (SOA) n fokus-area sal wees in terme van wêreldsending. Waarom juis SOA? In die vroeë jare 50 het Dr Oswald Smith die vraag gevra: Waarom moet iemand die evangelie van Jesus Christus twee maal hoor as daar diegene is wat dit nog nooit gehoor het nie? In SOA is daar miljoene mense wat nog nooit die evangelie gehoor het nie. Dit op sigself is klaar genoeg rede. [Vervolg op bl 5]

4 VRAE EN POGINGS TOT ANTWOORDE Wat is die verband tussen gebed en vas? Een aspek van die gebedslewe wat in ons tyd al hoe meer herontdek word, is die van vas. Die Bybel praat meermale daaroor. Dit is nie so dat vastye slegs by Farisieërs tuishoort nie. Dwarsdeur die Bybel - ook in die Nuwe Testament - speel vas 'n belangrike rol in die godsdiensbeoefening van die gelowiges. In die Bybel vind ons baie voorbeelde van geleenthede waartydens gevas is, en ook nie net in die Ou Testament nie, byvoorbeeld: wanneer leraars afgesonder word vir hulle werk (Hand. 13:3); wanneer ouderlinge gekies moet word (Hand. 14:23); wanneer gelowiges in lewensgevaar verkeer (Ester 4:16); wanneer spesifiek vir iemand gebid word (Ps. 35:13). Wanneer ons die Bergpredikasie lees, is dit duidelik dat die Here Jesus verwag het dat sy dissipels by geleentheid sou vas. In Matt. 6:16-18 sê Hy: "As (letterlik: wanneer ookal) julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie.." Dit is ook verbasend om te sien wie almal in die Bybel dit nodig gevind het om te vas, byvoorbeeld Moses (Eks. 24:18); Dawid (Ps. 69:10); Josafat (2 Kron. 20:1-4); Elia (1 Kon. 19:8); Esra (Es. 8:21-23); Nehemia (Neh. 1:4); Joël (Joël 2:15); Anna (Luk. 2:37); Jesus (Matt. 4:2); sy dissipels (Luk. 5:35); Paulus (Hand. 9:9); en die Christelike gemeentes (Hand. 14:23). So lees ons ook in die Didache, 'n Christelike geskrif uit die eerste eeu na Christus, dat die Christengemeentes van daardie tyd elke Woensdag en Vrydag gevas het. Ook in die tyd van die Kerkhervorming het vas sy plek gehad. John Wesley (stigter van die Methodistekerk) het selfs geweier om enige leraar te orden wat nie gereeld gevas het nie. Wat beteken dit om te vas? Daar is verskillende maniere van vas: 1. Om net lekkernye en genotmiddels te vermy (Dan. 10:3). 2. Om minder as gewoonlik te eet. 3. Om vir 'n langer of korter tydperk niks te eet nie, maar wel vloeistowwe te drink (Luk. 4:2). 4. Om vir 'n tydperk geen water of voedsel in te neem nie (Hand. 9:9). Hierdie is die uitsondering, aangesien die menslike liggaam normaalweg nie langer as drie dae sonder vloeistof kan leef nie. Die Christelike vas is iets anders as eetstakings as metode van afpersing; 'n dieëtplan om gewig te verloor; 'n vas ter wille van gesondheid. Die Christelike vas gaan altyd saam met gebed, aangesien vas op sy eie geen waarde voor God het nie (Joël 2:13; Jes. 58:5; Kol. 2:23; Sag. 7:5). Vas wys ons egter wie of wat ons lewe beheer. Dit help ons om ons liggaam onder beheer te hou, soos Paulus in 1 Kor. 9:27 sê, en verhoed dat ons deur enigiets verslaaf word (1 Kor. 6:12).

5 [Vervolg vanaf bl 3 WAAROM BETROKKE BY SUID-OOS ASIË?] 5 Wanneer moet 'n mens vas? Johannes Calvyn praat uitvoerig oor die Christelike vas in Instituut IV:XII: Hy sê dat 'n mens om drie redes moet vas: om die oorheersing deur die vlees (jou sondige natuur) te bestry; as hulpmiddel vir toewyding aan gebed en meditasie; as deel van jou verootmoediging en skuldbelydenis. Hy lê veral klem daarop dat 'n tyd van vas en gebed uitgeroep moet word sodra voorbidding vir 'n belangrike saak gedoen word. So vertel John Wesley dat die koning van Engeland in 1756 'n dag van vas en gebed uitgeroep het weens 'n dreigende inval deur Frankryk. Die kerke was volgepak en almal het die erns van die saak besef. Die gebede is verhoor, en die inval het nie plaasgevind nie. Is dit nie dalk hoog tyd dat ons in hierdie stadium van ons land se geskiedenis ook weer dae van vas en gebed sal hê nie? Die Christelike vas is heeltemal vrywillig. Dit is 'n hulpmiddel om jouself aan gebed te wy. Almal wat dit beoefen getuig van die waarde daarvan. As jy ook wil vas, word aanbeveel dat jy eers net een ete oorslaan, en later tot 24 uur sonder kos bly (aandete tot aandete). Later kan jy vir langer tydperke vas. Indien jou gesondheid nie na wense is nie kan jy nogtans vas deur selfs net lekkernye en genotmiddels te vermy. Iets soos vrugtesap help 'n mens se spysverteringstelsel om gereeld te bly, indien nodig. Maar onthou: die hoofdoel van vas is om God daardeur beter te ontmoet. Daar is nagenoeg 195 miljoen Moslems en 159 miljoen Boeddhiste in SOA en dan is Laos en Viëtnam ook nog kommunisties. Dan moet ons ook onthou dat daar ook nog ander nie-christen godsdienste is. Kan ons n verskil maak? Ons is dan so min? En dit terwyl SOA se totale bevolking ongeveer 587 miljoen is? Die antwoord is eenvoudig: As ons glo dat gebed n belangrike aspek van Jesus se onderrig aan sy volgelinge was, dan is die antwoord: JA, ons kan n verskil maak. Indien ons bereid is om die mense van SOA in gebed aan die Here op te dra, dan is die antwoord: JA, ons kan n verskil maak. Indien ons bereid is om self te bid en om ander te motiveer om ook te bid, dan is die antwoord steeds JA. Kom ons bid vir Kambodja met 1% van die bevolking Christene: Die bevolking steier nog na die massa moorde en skrikbewind van die Khmer Rouge ( ) Bid vir sendelinge (uit die RSA en ander dele van die wêreld) wat daar werksaam is. Opleiding van leiers (meeste leiersfigure is vermoor, onder andere 30,000 Boeddhiste priesters!) (1 Kor. 6:12). (Taakspan vir wêreldsending sinode van die Ned. Geref. Kerk in Noord- Kaapland)

6 6 KONSTRUKTIEWE ONTMOETING TUSSEN NG KERK EN VGKSA - 'n Saak vir voorbidding - Ons het die onderstaande verklaring van dr. Kobus Gerber ontvang oor die ontmoeting tussen die NG Kerk en die VGKSA. Die fasilitering van die dooiepunt tussen die NG Kerk en die VGKSA oor kerkhereniging wat in Maart 2009 onder leiding van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke n aanvang geneem het, is op Oktober 2009 by die Carmelite Retreatsentrum, Benoni, voortgesit. Dr Jerry Pillay van die Uniting Presbyterian Church in Southern Africa het as fasiliteerder opgetree. Die oogmerk met hierdie gefasiliteerde ontmoeting was om die gesprek oor die gesprek voort te sit en te fokus op die sake wat gelei het tot die VGKSA se moratorium op eenheidsgesprekke. Drie taakspanne het bepaalde voorstelle formuleer. Die verslag daaroor dien in die volgende weke by die twee kerke se leierskapstrukture. Die twee kerke het reguit en eerlik gepraat. Daar was baie emosies op verskillende vlakke. Almal was intens bewus van talle misverstande en moes dit ook in die oog kyk dat daar wantroue tussen die twee kerke is. Tog is daar hoop: die uitkoms van die twee dae kan die beste saamgevat word met die woorde waarmee een van die taakspanne hulle voorlegging afgesluit het: Yes! We can! Dankie vir julle aandag hieraan. Vriendelike groete Dr. Kobus Gerber

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. Vas en gebed Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. ~ Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder whether it

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

Gebedsbrief Julie 2009

Gebedsbrief Julie 2009 Ned Geref Gemeente HARTSWATER Die vervolgde Kerk Gebedsbrief Julie 2009 Najee het geweet sy lewe sou nooit weer dieselfde wees nie. Toe hy besluit het om Islam te verlaat om Jesus te volg, het hy gevind

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan... Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die

More information

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het,

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Perspective Training College Plek: Potchefstroom Datum: 25 28 Oktober 2017 Tyd: Elke dag van 08:00 16:00 Plek: Paarl Datum: 22 25 November 2017

More information

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is in die Here. Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes

More information

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en spoed. ʼn Huis bestaan primêr uit ʼn fondament, mure, deure

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017. NEWSLETTER Message from the Chairman Dear Colleagues I recently attended a luncheon where the Minister of Finance, Mr Calle Schlettwein, was our guest speaker. He presented a very optimistic view and stated

More information

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX INHOUDSOPGAWE 1 Kom maar in die water is lieflik 3 2 So, jy wil gedoop word? 9 3 Wat is die doop van die gelowiges? 11 4 Waarom moet ons gedoop word? 17

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

To love without knowing how to love wounds the person we love.

To love without knowing how to love wounds the person we love. To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander. Kaalvoet loop hou jou brein

More information

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008. 2 HOE STERK IS JOU GELOOF. Hoofstuk 1 Leer die waarheid ken van

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. DIE KIES VAN N BRUID, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister. 2 Ek is sekerlik bly om weer hier te wees, vanaand, in hierdie pragtige ouditorium, en onder hierdie

More information

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP, glo. Laat ons nou net n oomblik staan terwyl ons die Woord van die Here lees. In Johannes, die 11de hoofstuk, en vanaf die 18de vers. En Betánië was naby Jerusalem, omtrent

More information

Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter Bybel vir Kinders bied aan Dawid die Skaapwagter Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie... INHOUDSOPGAWE Inleiding... 9 Gesprek 1: Oor die groter prent... 17 Gesprek 2: Oor haar vriende... 37 Gesprek 3: Oor haar akademie... 54 Gesprek 4: Oor haar lyf... 71 Gesprek 5: Oor haar geloof... 86 Gesprek

More information

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS: In n Seisoen van Gebed Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: 012 654 6904 FAKS: 086 598 3922 bedien@eldofam.co.za www.eldofam.co.za 09:00 EREDIENS (NAGMAAL) André Joubert 09:00 MINI-CHOMPS in die ARK 09:00

More information

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span My liewe vriend, jy doen regtig wat ʼn gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het,

More information

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? Jan Roos 1 2 Hoofstuk 7: Wat moet ek doen? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Sakkie Leon Welkom Hannes Lof LB212:1-3 Loof die Heer Hy is goed LB205:1-3 Bring Lof aan die Vader

More information

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE 7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE Hierdie is n gesamentlike projek van gemeentes binne die Verenigde Ring van Stellenbosch. ELKE RITME WORD GESIMBOLISEER DEUR N BEPAALDE SIMBOOL: Week 1 Spieël Week

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou. Met die komplimente

More information

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE 6.1 INLEIDING In die navorsing tot dusver - hoofstukke een tot vyf - is kontekste en perspektiewe verduidelik van waaruit ek betrokke sou wou raak in pastoraalterapeutiese

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt

Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt K O N I N K R Y K S T Y D 2 0 1 2 dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt Die energieke gesprekke oor lidmate wat die kerk verlaat,

More information

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Inhoud Kaart: Kolosse in die Romeinse Ryk................... 4 Woordelys........................................ 5 Hoe om hierdie studie

More information

EGGO VAN SY ROEP. - In 16 Tale. Die Jaar van ons Here Jesus Christus, March 2014

EGGO VAN SY ROEP. - In 16 Tale. Die Jaar van ons Here Jesus Christus, March 2014 EGGO VAN SY ROEP AFRIKAANS Maandeliks uitgegee in ENGELS, TAMIL, MALAYALAM, TELUGU, HINDI, MARATHI, KANNADA, BENGALI, GUJARATI, ODIYA, ASSAMEES, PUNJABI, NEPALI, URDU, SINGALEES & AFRIKAANS Redakteur:

More information

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3 er en Ti ie ud st el yb B al na er jo as el de n va al ia er at gm l vo op r vi e in ag m #i ce en ri pe ex CREDO ONS IS DIE IMAGINE GENERASIE ONS GLO IN MÔRE, WANT JESUS MAAK NUUT ONS DROOM VAN VREDE,

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

GEBED VIR KERKLEIERS

GEBED VIR KERKLEIERS GEBED VIR KERKLEIERS HERE, Ek dank U vir ons geestelike leiers wat U aan die liggaam van Christus gegee het om ons te bewaar van elke gevaar, die waarheid in liefde te spreek en ons toe te laat om te groei

More information

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR, Beslis n grootse voorreg om hier te wees, om hierdie mooi getuienisse te hoor van hierdie broers wat ons Here Jesus liefhet. Nou, ek lewe nog op die die Hoe sal ek sê? Die inspirasie

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

Volume 3 van 2016 September 2016

Volume 3 van 2016 September 2016 Deo aan God alle eer Gloria Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909-2016 Volume 3 van 2016 September 2016 Kinderkerk - 3 Kuierhoekie - 5 Basaar - 6 Klippie in my skoen

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES, Skat ek is soort van n langasem prediker. En sonder geleerdheid, skat ek ek klink ek nie na veel van n prediker vir party mense nie. En ek ek maak nie eens daarop aanspraak

More information

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my As die vyeboom bot Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my Kyk die... winternagte word al korter Die stormsee begin bedaar

More information

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Die Studie van Bemiddelings Gebed Gebed vir Ander Die Studie van Bemiddelings Gebed Dit is regtig nie `n geleë tyd om die hoof te sien nie. Hy het pas `n boodskap ontvang dat `n skeepsvrag timmerhout wat vandag moes land, vertraag is.

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III AANNEMING, DEEL III 69 Aanneming Deel III ` ^Neville. Goeie môre, klas. Ons is baie bly om weer terug te wees om julle weer te groet in daardie algenoegsame Naam van die Here Jesus. Vertrouend dat julle

More information

NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus Kempton-Kruin vier 40 jaar!

NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus Kempton-Kruin vier 40 jaar! NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus 2015 Kempton-Kruin vier 40 jaar! Inhoud Veels geluk Kruin! 3 Voorwoord 4 Verjaarsdagboodskappe 7 Kruin-Uitreik: Van toe tot nou 10 `n Gemeente oppad 12 Verjaarsdagboodskappe

More information

RIGLYNE VIR WÊRELDVIGSDAG EREDIENS SONDAG 30 NOVEMBER (OF SONDAG 7 DESEMBER 2008)

RIGLYNE VIR WÊRELDVIGSDAG EREDIENS SONDAG 30 NOVEMBER (OF SONDAG 7 DESEMBER 2008) RIGLYNE VIR WÊRELDVIGSDAG EREDIENS SONDAG 30 NOVEMBER (OF SONDAG 7 DESEMBER 2008) INHOUD 1 Agtergrond vir Wêreld vigsdag 2008 2 Wenke vir voorbereiding vir 'n erediens in aansluiting by Wêreld vigsdag

More information