IN HIERDIE UITGAWE: 4de KWARTAAL 2017

Size: px
Start display at page:

Download "IN HIERDIE UITGAWE: 4de KWARTAAL 2017"

Transcription

1 DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA NASIONALE KANTOOR Gebou nr. 14, Central Office Park, Jeanlaan 257, Centurion, Gauteng, Suid-Afrika Posbus 9450, Centurion 0046 Tel: Faks: /4 IN HIERDIE UITGAWE: Bl 1 - Groete Bl 2 - AGS van SA word 110 jaar oud in 2018 Bl 4 - n Geval van Ware Eenheid Bl 6 - n AGS Gespesialiseerde Bediening Bl 8 - Seënwense 4de KWARTAAL 2017 Geagte Kollega, Groete in Jesus se Naam. Die 2017 AGS jaarlikse konferensie was vir my uniek in drie aspekte. Dit was die eerste konferensie wat plaasgevind het binne n oorwegend Suid Afrikaanse Indiër gemeenskap. Tweedens was dit die eerste konferensie waar daar n dialoog gevoer was oor die AGS President se preek asook uitdagende kwessies in die publieke arena. Derdens was dit die eerste konferensie waar die aanddienste lewendig uitgesaai gewas op Facebook - n sosiale media platform. Vir die wat die konferensie wel bygewoon het, sal saam met my stem dat die aanbidding uitsonderlik was. Beide die konferensie-beplanningskomitee en die personeel van die AGS Nasionale Kantoor, het bygedra tot die gladde verloop van die geleentheid. Ons gasheer, Past. Ronnie Naidoo en sy personeel het die konferensiegangers met uitsonderlike gasvryheid ontvang. Met hierdie brief deel ons 'n paar laaste gedagtes vir die jaar

2 DIE AGS VAN SA WORD 110 JAAR OUD IN 2018 Past. M.G. Mahlobo President 2018 merk n belangrike mylpaal in die geskiedenis van die AGS. Op 25 Mei 2018 sal die AGS 110 jaar oud wees. Die AGS is een van die klassieke Pinksterkerke in Suid-Afrika. Die AGS is gebore uit die bediening van John Graham Lake en Tom Hezmalhalch van die Verenigde State van Amerika, wat op 1 Mei 1908 in Kaapstad aangekom het. Hulle reis vanaf Kaapstad per trein na Pretoria en dan na Johannesburg waar hulle ontvang word deur Mev. Goodenough wat aan hulle akkommodasie voorsien het. Binne vyf dae begin hulle met dienste in n Sioniste saal in Doornfontein. Op 25 Mei 2018 sal die AGS 110 jaar oud wees. Daar was n groot oortuiging en n hongerte na God. Die Doornfontein kapel was vol mense van alle kulturele agtergronde en alle vlakke van sosiale status. Mense het begin hoor van die gebeure in die saal en het daar aangekom om deel daarvan te wees. Binne 'n week was die spasie in die saal gevul. As gevolg hiervan is dienste gelyktydig, in vyftien huise van die voormalige Sionistiese lidmate gehou, en 'n Schumann-huis is gebruik vir die 'groot' gebedsbyeenkoms waar al die huiskerke ontmoet het. Daar was n groot oortuiging en n hongerte na God. Ek dink dit is regverdig om te sê dat die AGS gegroei het van n bonatuurlike begin tot die AGS soos ons dit vandag ken. Die AGS het vele uitdagings gehad. Daar was teologiese dispute, skeurings en konformering met die ideologie van die dag wat gelei het tot die vorming van die vier ras-gebaseerde afdelings binne die kerk (Swart, Kleurling, Indiër en Wit afdelings). Terwyl ons die AGS se 110de verjaarsdag vier, behoort ons te dink aan die oorspronklike droom van die AGS pioniers. Hulle het gedroom van n kerk wat lyk soos die een in die boek van Handelinge gedurende die dae van die apostels....dink aan die oorspronklike droom van die AGS pioniers. Hulle het gedroom van n kerk wat lyk soos die een in die boek van Handelinge. Die kerk in Handelinge was gekenmerk deur kragtige getuienis (deur die Heilige Gees), vervolging (en ten spyte daarvan volgehoue getuienis), vurige gebed (wat die gevangenis-deure oopgemaak het), eenheid, toewyding aan die suiwer Apostoliese leer en die deel van materiële besittings. Laat dit ons droom wees dat die AGS weer 'n agent van transformasie in God se hand sal wees. Ons wêreld, ons volk en ons gemeenskappe kan verander word deur die kerk wat deur die Heilige Gees bemagtig word. Kom ons poog om ons eenheid, in die band van vrede, te verdiep en in stand te hou (Efesiërs 4: 3)

3 DIE AGS VAN SA WORD 110 JAAR OUD IN 2018 verw. Een van die maniere om ons eenheid te verdiep en kohesie (cohesion) te bevorder, is om oop en eerlike gesprekke te voer met mekaar. Belangrike temas wat moet deel vorm van hierdie gesprekke is ons kollektiewe missie, ons gemeenskaplike waardes (integriteit, verhoudings, aanspreeklikheid en uitnemendheid) en die skepping van 'n atmosfeer waar elke individu voel dat hulle werklik behoort in die AGS familie. Een van die maniere om ons eenheid te verdiep en kohesie (cohesion) te bevorder, is om oop en eerlike gesprekke te voer met mekaar. Laat ons ook teenoor God dankbaar wees vir die manier waarop die AGS oor die grense van Suid Afrika verwelkom is. Die AGS is teenwoordig op vyf kontinente in die wêreld (Afrika, Asië, Australië /Oceanië, Europa en Noord-Amerika) en vier en dertig (34) lande. AGS kerke in die buiteland het onder andere ontstaan as gevolg van die kragtige getuienisse van mynwerkers wat in Suid-Afrika gewerk het en wat teruggekeer het na hul onderskeie lande. Ander AGS kerke is gestig deur sendelinge en ander deur immigrante wat hul lande verlaat het as gevolg van ekonomiese en politieke omstandighede is inderdaad die tyd vir ons om God se voorsiening en volgehoue krag te vier. Ek bid vir n vars salwing oor God se dienaars wat sal lei tot die uitbreiding van ons gemeentes en gespesialiseerde bedieninge

4 N GEVAL VAN WARE EENHEID: THE AFM ROCK REVIVAL CENTRE, FICKSBURG Past. Neels Kock and Louise Kock Pastore In Desember 1999 is ons beroep na die AGS gemeente in Ficksburg, 'n boerderygemeenskap aan die voet van die Imperani-berg in die Vrystaat. Op daardie stadium was die dienste van die gemeente hoofsaaklik in Afrikaans gehou. Met die grens van Lesotho minder as 1 km vanaf die ligging van die gemeente, en die feit dat baie verskillende tale in die gemeenskap gepraat is, moes ons eerstens oorweeg om die voertaal aan te pas. Die taalkwessie op sy eie was n groot uitdaging om te oorkom. Afrikaans is ons huistaal en die taal waarin ons nog altyd gepreek het. Soos ons as verskillende kulture saam begin aanbid het, het ons die uitdaging aangepak om slegs in Engels te preek en te aanbid. Vir ons is die taal bloot n intrument om die Evangelie van Jesus Christus na mense toe te bring. Nog 'n uitdaging wat ons gehad het was die aanvanklike kritiek van binne, maar dit het uiteindelik afgeneem. Ja, sommige van die bestaande lidmate het die gemeente verlaat. Ons het hulle geseën en deur die genade van die Here het daar baie ander mense na die gemeente toe gekom. Op n latere stadium het sommiges wat die gemeente aan die begin verlaat het, teruggekom. Nog 'n hindernis of uitdaging wat ons moes oorkom was die kwessie van ras - 'n komplekse kwessie in die Suid-Afrikaanse konteks wat uiterse sensitiwiteit en begrip verg. Die primêre fokus in hierdie verband was om respek teenoor mekaar te toon. Mense het die wanopvatting gehad dat sekere mense meer geld as ander het. Hierdie finansiële probleem was n groot bedreiging, maar God het Homself in hierdie saak bewys (ons het selfs inkomste verhoging deur die jare gesien). Sommige mense het ons gevra: Wat van troues en begrafnisse? Ons antwoord was: Ons leer! As ons nou om ons kyk op n Sondag sien ons net mense God se mense. Vir ons is die taal bloot n intrument om die Evangelie van Jesus Christus na mense toe te bring

5 N GEVAL VAN WARE EENHEID: THE AFM ROCK REVIVAL CENTRE, FICKSBURG verw. Soos die jare verby gegaan het, het God voortgegaan om tot die bediening by te voeg en te groei. As ons nou om ons kyk op n Sondag sien ons net mense God se mense. Twee derdes van ons leierskap is mense van kleur en 80% van ons lidmate is mense van kleur. Ons weet dat transformasie en ware eenheid in die kerk bereik kan word deur baie gebed, begrip en waardering vir mense. 18 Jaar later deur God se genade is die gemeente, nou bekend as The AFM of SA Rock Revival Centre n volle geïntegreerde, verenigde, nie-rassige en nie-kulturele kerk. Die enigste kultuur wat jy in hierdie gemeente sal vind, is die Jesus-kultuur. Alhoewel dit n uitdagende taak was, is dit uiters belonend. Die getuienisse van lidmate is 'n ware weerspieëling van hul ervaring en die werk wat God in ons gemeente gedoen het. Alle eer aan God vir hierdie uitkoms! Die enigste kultuur wat jy in hierdie gemeente sal vind, is die Jesus-kultuur. If people can learn one thing, that we are one in Christ! God does not have white or black people, God has people. If we can see this then we will be truly blessed and free in Christ. Jan Lee (Member) When two little arms hug me lovingly every Sunday morning, not matter what the colour of their skin, it reminds me of how great God is. Above all, we are all God s people. Louise Kock Rock Revival Centre is a shining example of a place of worship that is a benchmark for this beautiful rainbow nation (South Africa). People from different races, genders and colours are accommodated. Nobody feels less important or left out. The service is conducted on a neutral platform and English is the medium of preaching and worshipping. The worship team is balanced (in terms of presentation of different race groups). This was not done intentionally but due to the conducive environment God has created in Rock Revival. I have been attending Rock Revival for the past 12 years with my family. I am home. David Mbiwe (Member) - 5 -

6 N AGS GESPESIALISEERDE BEDIENING: DEAF FRIENDLY Past. Dirk Venter Besturende Direkteur van DEAF Friendly As n kind van dowe ouers, het ek reeds van die jong ouderdom van 12, meestal by kerk en godsdienstige byeenkomste getolk. Wat interaksie met Dowes aanbetref (op alle vlakke van die lewe), geniet ek n wye spektrum van ondervinding. DEAF Friendly is n nie-winsgewende maatskappy wat daarop fokus om Dowes te bereik, te bedien en te bemagtig....om Dowes te bereik, te bedien en te bemagtig. Sodoende is 8 Dowes opgelei en gevolglik ten volle georden as pastore van die AGS van SA. Sedert 2008 reik DEAF Friendly deurlopend landswyd uit na Dowes en was instrumenteel in die vestiging van minstens 13 bedieningspunte en 5 gemeentes vir Dowes. DEAF Friendly is namens die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika in vennootskap met Deaf Christian Ministries Africa, wat betrokke is by die ontwikkeling, verbesondering en die aanbieding van Pinkster Teologie aan Dowes. Sodoende is 8 Dowes opgelei en gevolglik ten volle georden as pastore van die AGS van SA. Al hierdie dowe pastore is aktief en betrokke in die dowe gemeenskap. Hierdie is pionierswerk wat betref die vestiging van Doof-tot-Doof-bediening. Byeenkomste soos die onlangse It s Time! gebedsbyeenkoms in Bloemfontein, word benut om Dowes van oral te laat deel voel van die groter kerk. So n geleentheid word verder benut om die databasis van Dowes by te werk sodat toekomstige persoonlike kontak, bystand en Evangelisasie bewerkstellig kan word. Dowes in n geografiese gebied vorm n groep (of bedieningspunt) wat minstens elke 6 weke besoek word en deur n dowe leraar bedien word. Hiertydens word nuwe leiers ge-identifiseer om, sover as moontlik Teologiese opleiding te ontvang. Uiteindelik moet so n bedieningspunt tot n volwaardige gemeente ontwikkel

7 N AGS GESPESIALISEERDE BEDIENING: DEAF FRIENDLY verw. Hier volg meer inligting oor DEAF Friendly: We are DEAF Friendly n Initiatief waar werkgewers wat Dowes in diens neem, of DEAF Friendly se bemagtigings-projekte ondersteun, n sertifikaat van waardering ontvang. Meer onlangs is DEAF Friendly toenemend betrokke by die opleiding ( skills development ) van Dowes in spesifieke vaardighede. Daar is n sterk fokus op die ontwikkeling en volhoubare ondersteuning van Dowe pastore en dié wat deur hulle bedien word. In al hierdie prosesse is kommunikasie uiters belangrik en daarom word Gebaretaal-tolkdienste deurlopend en (kosteloos vir Dowes) beskikbaar gemaak. Dit sluit onder andere begrafnisse, berading, doktersafsprake, hofsake, kuier-dienste by horende gemeentes, troues en verskeie werksaangeleenthede in. DEAF Friendly se program op Kruiskyk word elke Sondag om 07:30 uitgesaai en is vir baie Dowes, op veral afgeleë plekke, die enigste vorm van bediening (kerk) wat hul ontvang. Jy kan help deur Dowes na DEAF Friendly te verwys of my direk te kontak indien jy voel om hierdie bediening finansieël te ondersteun. E-pos: dirk@deaffriendly.co.za of Selfoon: Die webadres is In al hierdie prosesse is kommunikasie uiters belangrik

8 SEËNWENSE Dr. H.J. Weideman Algemene Sekretaris Soos nog 'n jaar tot 'n einde kom, wil ons pastore en gemeenteleiers, sowel as hul gades en kinders namens die nasionale ampsdraers bedank. Dankie vir alles wat gedurende die jaar ter bevordering van God se Koninkryk gedoen is. Baie dankie aan alle Streeksleierskap Forums, Gemeente Rade en ander leierskapstrukture, bedieningsleiers en vrywilligers. Dankie vir die bydraes wat gemaak is binne ons streke en gemeentes. Dankie vir die rol wat elkeen vervul om ons lidmate te inspireer om as sendelinge te leef in hulle alledaagse lewe daar waar hulle woon en werk. Ek vertrou dat jy 'n welverdiende tyd van rus en herstel in die teenwoordigheid van jou geliefdes sal geniet. Ek wens jou die beste toe in die nuwe jaar soos ons voortgaan om die AGS te transformeer as n missionale beweging! As jy gedurende hierdie tyd gaan reis, wees verseker van ons gebede. SLOT Neem asseblief kennis dat die nasionale kantoor gesluit sal wees vir die vakansie-seisoen vanaf Vrydag 15 Desember 2017 tot en met Dinsdag 9 Januarie Seën! M.G. Mahlobo Gesluit vir die vakansie! - 8 -

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan... Augustus 2017 Die Voorsitter van die Kerkraad NG Gemeente Geagte Dominee en Kerkraad Ondersteuning aan die Dowes: hoe kan hulle glo sonder om te hoor 136 Jaar gelede was die NG Kerk die stigter van die

More information

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Geloofsvorming by kinders en jongmense Geloofsvorming by kinders en jongmense 1. Wat is die probleem? 2. Waar kom dit vandaan? Osmer se gids vir interpretasie en reaksie op gegewe situasie. 3. Wat behoort 4. Hoe kan ons te gebeur? Daarop reageer?

More information

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2)

More information

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4. SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die

More information

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

More information

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond Johannes 17:1-25 Agtergrond Ek gaan vandag die reeks oor die hoërpriesterlike gebed van Jesus in Johannes 17 afsluit. Ons het veral gekyk na wat ons leer van die kerk uit hierdie gebed van Jesus vir sy

More information

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS OpenStax-CNX module: m25028 1 Dans * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN

More information

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het! Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek. Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of besoek ons by: www.facebook.com/christelikeboekesa

More information

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du moi. Dit kan in Afrikaans vertaal kan word, met ek-siekte

More information

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

More information

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle Kolossense 4:2-6 14/09/2014 ʼn Tydjie gelede het die akteur Robin Williams sy eie lewe geneem. Dit was nogal ʼn groot skok omdat hy so ʼn gewilde akteur was. Na sy dood het ek baie keer gehoor hoe mense oor

More information

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Kopiereg 2015 deur LoveGodGreatly.com Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie

More information

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017 1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts

More information

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES SESSIE DRIE EENHEID: DIE HEILIGE GEES VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES Hoe om met die Heilige Gees vervul te word; en hindernisse tot vervulling. Eenheid Opdragte (J1_4.3) Gaan voort met die memorisering

More information

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls 1 1 Tessalonisense 2:1-12 12/03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls in haar ouerhuis. Op n dag het sy haar goed gepak

More information

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade. DIE WET Sê DOEN GENADE Sê KLAAR GEDOEN. (John 1:16) En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

More information

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld. n Profetiese woord vir 2018 en verder Deel 1 Opsoek na God se profetiese woord vir ʼn nuwe jaar, kyk ek gewoonlik eers na die Hebreeuse jaartal van die Joodse Nuwe Jaar, wat gewoonlik êrens in Septembermaand

More information

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding: Preek Jan Steyn 8 Oktober 2017 Teks: Lukas 16:1-15 Tema: Tydelik en ewig Inleiding: Op die oog af wek hierdie gelykenis meer vrae en raaisels as antwoorde op. Dit lyk of die eienaar of die ryk man wat

More information

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Jeugdag: Die Gees sluit almal in! Aard van diens: Hierdie diens kan maklik aangepas word as n familiediens, n gewone diens met n jeugfokus of n tienerdiens. Teks: Handelinge 2:14-21 (Kolossense 3:11, Efesiërs

More information

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf Afrikaans n Gids om kinders tuis te help lees en skryf GIDS 3 Welkom! Die skool is nie die enigste plek waar onderrig en leer plaasvind nie! Wat gesinne tuis doen, is dikwels die eerste en belangrikste

More information

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di Januarie 2018 1 Ma NUWEJAARSDAG 2 Di 3 Wo 4 Do 5 Vr Die Kerkjaar Die kerkjaar draai om 3 hoogte-punte nl. Paasfees, Pinksterfees en Kersfees. Die kerkjaar bestaan uit verskeie seisoene. Hierdie feeste

More information

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited 14 November 2014 Disclaimer:

More information

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: 2Kronieke.7:14 Konteks van hierdie teks: Die tempel word ingewy gedurende Salomo se regering: God het aangedui dat Hy die tempel

More information

Josua - van jongs af n leier

Josua - van jongs af n leier Josua - van jongs af n leier Teks: Numeri 11:28, Josua 1:1 6, Josua 3:14-17 en Josua 24:15 Hulpmiddels: Sandboks met rivier (foelie), figure en n verbondsark Klere vir die drama Kopieë van die huis Kopieë

More information

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26

More information

Profetiese woord vir 2017 en verder

Profetiese woord vir 2017 en verder Profetiese woord vir 2017 en verder Rosh Hashanah 5777 Die Nuwe Jaar se Joodse jaartal is 5777 Profetiese stemme oor die wêreld sien Jesus Christus, die Koning op aarde, met n swaard in Sy Hand staan.

More information

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

More information

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. 1 2 3 Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die

More information

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna. Punte wat ons by Hanna kan leer hoe om saam met die Here te loop in moeilike tye!!! 1. Verklaar God se outoriteit! 1Sa 1:5; maar die HERE het

More information

Die Anglo-Boereoorlog *

Die Anglo-Boereoorlog * OpenStax-CNX module: m24577 1 Die Anglo-Boereoorlog * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS

More information

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4: INHOUDSOPGAWE 1. Hierdie studie... 1 2. Wie is Petrus?... 4 3. Geroep om te volg Matteus 4:18-22... 6 4. Klim uit die boot uit Matteus 14:22-33... 8 5. Petrus se belydenis oor Jesus Matteus 16:13-23...10

More information

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Acta Theologica 2015 35(2): 1 10 DOI: http://dx.doi.org/10.4314/actat.v35i2.1 ISSN 1015 8758 UV/UFS Helené van Tonder ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1 Donderdag, 1 Oktober

More information

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? --- Now as I understand your evidence, you did escort this Dr Aggett during December and the first part of January? --- That is so. Now as far as your affidavit is concerned, the one that was handed in as

More information

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017. NEWSLETTER Message from the Chairman Dear Colleagues I recently attended a luncheon where the Minister of Finance, Mr Calle Schlettwein, was our guest speaker. He presented a very optimistic view and stated

More information

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom? (S1)Verwelkoming: Epifanie beteken verskyning of openbaring, en dit lei n tyd in waar ons verder dink oor die Lig wat daar in

More information

Empathy Ouerhandleiding

Empathy Ouerhandleiding Empathy Ouerhandleiding www.itschools.co.za Inhoud Empathy gebruikershandleiding vir ouers 2016 Oorsig van Empathy... 1 Wat is Empathy?... 1 Hoe om boeke te bestel... 1 Aan die begin: Registrasie en aanteken...

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool Privaatskool Private School Ek kan! I can! Prospect House, Morkelstraat/Street, Somerset-Wes(t) 7130 Postnet 217 P Bag/sak x29, Somerset-Wes(t) 7129 Tel 021 851 4402 Fax 086 627 6808 admin@vergezicht.co.za

More information

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur Wat Die Wêreld Verander Die Uur wat die wêreld verander Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat 'n mens 'n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na

More information

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE AA NDBOODSKA PPER DIE AA NDBOODSKA PPER, Baie dankie. Die Here seën julle. Julle mag maar sit. 2 My seun was daar vandag, en hy het gesê: Pa, ek wens ons het daardie kerk gesien voordat ons ons s n begin bou het, dis so

More information

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009 Lof- en Aanbiddingsliedere x2 Biddag vir Opvoeding en Onderwys --> Gebede Gebed Aanbiddingslied x1 Boodskap: May 2009 be just fine! How can 2009

More information

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? 1 2 3 Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk

More information

ONS GEE OM VENNOOTSKAP VIR GROEI. mpa JAARVERSLAG

ONS GEE OM VENNOOTSKAP VIR GROEI. mpa JAARVERSLAG ONS GEE OM MORELETA PARK ASSOSIASIE VENNOOTSKAP VIR GROEI mpa JAARVERSLAG 2016-17 INDEKS 1. Boodskap van die Voorsitter 1 2. Moreletapark Assosiasie 2 3. mpa Byeenkomste 3 4. Dinamiese Jongleraars 5 5.

More information

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 9 1. As die lewe sonder pa s sou wees... 11 2. As jy godsdiens speel... 15 3. As jy op jou knieë gaan... 19 4. As jy oor jou kinders droom... 23 5. As jou seun jou nodig het...

More information

EGGO VAN SY ROEP. - In 16 Tale. Die Jaar van ons Here Jesus Christus, March 2014

EGGO VAN SY ROEP. - In 16 Tale. Die Jaar van ons Here Jesus Christus, March 2014 EGGO VAN SY ROEP AFRIKAANS Maandeliks uitgegee in ENGELS, TAMIL, MALAYALAM, TELUGU, HINDI, MARATHI, KANNADA, BENGALI, GUJARATI, ODIYA, ASSAMEES, PUNJABI, NEPALI, URDU, SINGALEES & AFRIKAANS Redakteur:

More information

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS LITURGIE WIE WAT DETAIL BORD/MUSIEK Voorsang Welkom & groet Gebed Oproep tot en aanbidding Gen 1-2 (Skepping) Hannes Lof & aanbidding Hy laat

More information

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

VERANDER GOD SY GEDAGTE? VERANDER GOD SY GEDAGTE?, God. Laat ons bly staan met ons hoofde gebuig, net n oomblik. Hemelse Vader, ons dank U vir elke genade wat U vir ons gegee het. Ons is nie enige van van U seëninge waardig nie.

More information

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 2 Korintiërs 12:7-10 1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings

More information

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit? Dienstye: Alberton LewenSentrum Eredienstye: Sondae 08:15 10:15 18:00 Kerkkantoor: 011 867 7244 Noodnr: 079 524 7945 E-pos: info@als.org.za Webtuiste: www.lewensentrum.org.za Bankbesonderhede: Alberton

More information

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf Niemandt, CJP Universiteit van Pretoria Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf INLEIDING ABSTRACT Contours in the development

More information

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Die Bybel is werklik n merkwaardige stel boeke. Dit be vat so baie: so baie verhale, so baie karakters, so baie emo sies, so baie gebeure, so baie

More information

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon. 1.Hierdie skou sal volgens die reëls van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kouvoëlvereniging aangebied word. Alle reëls deur die organiserende liggame neergelê, sal deur die deelnemers nagekom word. 2.Inskrywingsfooi:

More information

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry Hoe om te vas en te bid Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry I wonder whether we have ever fasted? I wonder

More information

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING KOPIEREG VOORBEHOU//COPYRIGHT RESERVED DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING SKOOL VIR DIE BOU-OMGEWING/SCHOOL OF THE BUILT ENVIRONMENT FAKULTEIT INGENIEURSWESE, BOU-OMGEWING EN INLIGTINGTEGNOLOGIE

More information

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9 Julie - September 2014 Dissipel Voorwoord 2 Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6 Mission Relax 7 Hoe arm is jy 8 Tien maande in Baku 9 Wêreldbevolking vervolg 10 Nuwe voorsitter 11-12 Uit die Dominee

More information

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Jan Steyn preek op 10 Junie 2012. Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe! Inleiding: Die Amerikaanse predikant Bill Hybels vertel dat terwyl hy as tiener leer seil het, sy pa dikwels gesê het: "Gaan seil

More information

Seisoen van die Gees

Seisoen van die Gees HENRIWEG 1045 ELDORAIGNE TEL: 012 654 6904 GESPREKSGIDS VIR KLEINGROEPE EN INDIVIDUE 7 Mei 30 Junie 2017 Seisoen van die Gees Waar mense God beleef en as volgelinge van Jesus gemeenskappe vernuwe HOE DIE

More information

God se Woord. God se Wil

God se Woord. God se Wil God se Woord God se Wil Groei in God se Woord Woord is Sy WIL. Daarin sal jy ontdek wat God met die wêreld en met jou lewe beplan het. Wanneer jy die Bybel lees, onthou dat dit deur die Heilige Gees geïnspireer

More information

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico Voetspore Herfs uitgawe - 2017 In dié krag van die Heilige Gees Dr. Jorrie Potgieter Een ding wat ek in die meer as 25-jaar in die bediening geleer het, is dat mens nooit moet dink dat jy weet in watter

More information

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid: Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele

More information

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO? Jan Steyn Preek 25 Junie 2017 Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8 Tema: FOMO Wat is FOMO? Ek wil graag vanoggend met julle praat oor die afkorting FOMO - fear of missing out. Ek het so bietjie gaan lees oor

More information

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. Faith soldiers Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN. 2Timothy 2:3 CEV As a good soldier of Christ Jesus you must endure your share of suffering. The army of the Lord is an all volunteer force.

More information

Daar is konflik in die gemeente

Daar is konflik in die gemeente Daar is konflik in die gemeente Courage may be the most important of all virtues,because without it one cannot practise any other virtue with consistence Maya Angelou Daar is konflik in die gemeente Daar

More information

J A A R V E R S L A G

J A A R V E R S L A G JAARVERSLAG 2018 // 2019 01 MOSAÏEK JAARVERSLAG 2018 // 2019 KULTUUR ARGITEK BRIEF Ek is vandag vol dankbaarheid as ek terugkyk na die jaar wat verby is. Daar het soveel goeie dinge gebeur. Daar is van

More information

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skriflesing: Jer.18:1-10 Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark Wat is dit wat tans veroorsaak dat jou geestelike verhouding met God so verwaarloos het dat jy nie meer in die

More information

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê Inleiding Baie mense doen Bybelstudie sodat hulle meer kennis kan kry oor die Bybel. Alhoewel Bybelstudie opsigself baie belangrik is vir ons geestelike groei, moet

More information

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1 Omri van Zyl Uitvoerende Direkteur: Agri SA 7 September 2016 Agri Noordwes Kongres Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1 Droom 2015 Agri SA 2 Suid Afrika

More information

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F. IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) S.AJVKN'OKMER: CC DELMAS 1987-06-10 DIE STAAT teen: PATRICK MABCYA BALEKA EN" 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR

More information

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3 er en Ti ie ud st el yb B al na er jo as el de n va al ia er at gm l vo op r vi e in ag m #i ce en ri pe ex CREDO ONS IS DIE IMAGINE GENERASIE ONS GLO IN MÔRE, WANT JESUS MAAK NUUT ONS DROOM VAN VREDE,

More information

Waar vind ek n genadige God?

Waar vind ek n genadige God? Jaargang 18, Nr. 1 Mrt 2017 Kobus Sandenbergh Een van die vrae wat die wêreldgeskiedenis verander het, was Martin Luther se vraag: Waar vind ek n genadige God? In die Rooms-katolieke kerk van sy dag het

More information

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen? Boodskap aan die Algemene Diensgroep Gemeente-ontwikkeling Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen? Deur Neels Jackson 21 Oktober 2008 Goeienaand en dankie

More information

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE Naam: Slabbert Le Cornu Vak: PAST 121 Dosent: Prof. GA Lotter Datum: 15 November 2002 Stefaans kyk geirriteerd na sy horlosie, toe dit begin beep om te sê dit

More information

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM WEEK 1 BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek

More information

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS VOORWOORD TOT DIE L-10-T OPLEIDINGSGIDS Baie welkom by L-10-T, n opwindende en lewensveranderende opleidingskursus! L-10-T daag JOU uit om n radikale nuwe lewenswyse

More information

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog? Wat beteken dit as Christene sê hulle is gered (saved) of wedergebore (reborn)? Dit beteken hulle het weer n geboorte ondergaan ( is weer

More information

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL 1 NUMERI 25 NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL TEMA: VEG OM DIE EER VAN DIE HERE! Ds Okkie Cilliers Dit is vir my moeilik om oor hierdie onderwerp te preek, omdat ek gekonfronteer word met my eie verskriklike

More information

LoveGodGreatly.com 1

LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 1 LoveGodGreatly.com 2 Ek is so bly dat jy hier is! Voordat ons met hierdie nuwe sessie begin, wil ek graag die tyd neem en vir jou laat weet dat daar vir JOU gebid is! Dit is nie n

More information

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID, Ek ag dit n groot voorreg om vanaand hier te wees, by hierdie mooi byeenkoms van Christenmense, om hierdie geleentheid te hê om met julle te praat

More information

NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus Kempton-Kruin vier 40 jaar!

NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus Kempton-Kruin vier 40 jaar! NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus 2015 Kempton-Kruin vier 40 jaar! Inhoud Veels geluk Kruin! 3 Voorwoord 4 Verjaarsdagboodskappe 7 Kruin-Uitreik: Van toe tot nou 10 `n Gemeente oppad 12 Verjaarsdagboodskappe

More information

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE John Kenneth Galbraith (Soos aangehaal in Bridges 1991:IX) sê: "Faced with the choice between changing one s mind and proving that there is no need to

More information

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar GOD WAT HOMSELF IN EENVOUD VERBERG, HOMSELF DAN^ 1 God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar ` Dankie, Broer Neville. Die Here seën jou. Goeie môre, vriende. Ek beskou dit sekerlik as

More information

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks: PUTKOS 30 Junie 2015 Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, 6229 Tel: 041 922 7179 Faks: 086 682 5649 www.uitenhageoos.co.za skriba@uitenhageoos.co.za Versorg en toegerus om strome lewende water te

More information

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak) Ons stalletjie is op en Goudrif is reg vir die grootste Pizza pie braai wat SAWA nog gesien het! So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self

More information

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES, Skat ek is soort van n langasem prediker. En sonder geleerdheid, skat ek ek klink ek nie na veel van n prediker vir party mense nie. En ek ek maak nie eens daarop aanspraak

More information

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter 1 Blue Ridge Landgoed Nuusbrief September 2018 Blue Ridge Estate News Letter 2 Goeiedag mede-eienaar Ek wil graag weer my dank uitspreek teenoor die eienaars wat die algemene jaarvergadering bygewoon het.

More information

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m25019 1 Kleursimboliek * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 8 3 PERSOONLIKE

More information

NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI

NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI Tweede Uitgawe Oktober 2009 IN HIERDIE UITGAWE: Ons predikantspaar van 25 jaar Constantia Jeugnuus Die Lewende Bybel Vriendekring funksie Bid vir ons Sendelinge Houtbaai Kersopvoering

More information

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4 februarie 2011 Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse.... p4 Leef wat jy droom Ons het almal drome... p7 p2 Fokus p6 p8 p10 Kaleideo Klanke Kuier by... Uitreike p11 Kreatief

More information

BYBELS-GESONDE GESINNE

BYBELS-GESONDE GESINNE 1 BYBELS-GESONDE GESINNE Bybels-gesonde gesinne is die boustene van gesonde gemeentes. Geestelike sterk gesinne in ʼn gemeente laat die gemeente groei. Die teendeel is egter ook waar: Gesinne wat nie volgens

More information

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span My liewe vriend, jy doen regtig wat ʼn gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het,

More information

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach Perspective Training College Plek: Potchefstroom Datum: 25 28 Oktober 2017 Tyd: Elke dag van 08:00 16:00 Plek: Paarl Datum: 22 25 November 2017

More information

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die Hemel op aarde Inhoudsopgawe Hemel op aarde... 1 Laat U Koninkryk en U wil ook op aarde ʼn werklikheid word... 5 Detoks na gees, siel en liggaam... 5 Rom. 12:1,2... 6 Mat. 4:17... 7 Julle is medewerkers

More information

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS: In n Seisoen van Gebed Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: 012 654 6904 FAKS: 086 598 3922 bedien@eldofam.co.za www.eldofam.co.za 09:00 EREDIENS (NAGMAAL) André Joubert 09:00 MINI-CHOMPS in die ARK 09:00

More information

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd 12 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute advice.

More information

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en spoed. ʼn Huis bestaan primêr uit ʼn fondament, mure, deure

More information

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE 1. Agtergrond: Suid-Afrikaanse boere het hul eie families tradisioneel op plase begrawe enplaaswerkers en hul gesinne is ook dikwels op die plaas begrawe. Daar bestaan sterk

More information